Dit was die 12e keer wat die twee skole teen mekaar speel sedert 2007
Affies wen 8 en Glenwood 4 keer..Vir details van tellings kyk hier.
SPAN 2 MEI 2022
15.MIGAEL DE LANGE
14.STEPHAN BRITS
13.TIAAN DE WET
12.HEINRICH HORN
11.KAREL VAN DER WESTHUIZEN
10.STEHAN HEYMANS (K)
9.ARMAND SHAHIA
8.DIETER SCHUBERT
7.CF DELPORT
6.EWAN VAN HEERDEN
5.ANDREAS BURGER
4.ERICH JOOSTE
3.ZACK MARITZ
2.HANRO VENTER
1.STEYN TRUTER
- Karel vd Westhuizen is vir die eerste keer in die beginspan na sy debuut teen Oakdale as reserwe.
- Risima Sambo, Gustav Maritz, JL v Rensburg en Anton Grotius.
RESERWES GEBRUIK:
- Abel Pretorius, Ivandre v Wyk, Mikail Kohler, Luchan Mouton, Beyers Roos, FC van Rooyen, Marx Nel en Dian du Toit
- Geluk aan FC van Rooyen wat vir die eerste keer die Wittrui aantrek.
WEDSTRYD
Die eerste paar minute van die eerste helfte het dit gelyk of die Witbulle sukkel om ritme te kry? Maar toe hulle lostrek was daar 'n paar teksboek driee deur die agterspelers.
In die 2e helfte het dit gelyk of hulle die voet van die petrol afgehaal het maar nogtans goed genoeg met nog twee driee teenoor Glenwood se een.
Stehan Heymans se skopvoet was in die kol en met al sy skoppe pale toe geslaag plus 'n drie gedruk vir 'n totaal van 19 punte.
Geluk aan Dieter Schubert wat weer aangewys is as die speler van die wedstryd!!
Dit is die eerste keer sedert 2013 dat die 1e span al twee wedstryde by Wildeklawer wen.
PUNTE:
AHS: 49(35)
Driee: Dieter Schubert 2x, Karel vd Westhuizen 2x, Stehan Heymans, Armand Shahia en Zack Maritz.
Skoppe: Stehan Heymans 7 x doelskoppe.
GLENWOOD: 14(7)
1e Span seisoen opsomming kyk hier!
Die A spanne wat vandag teen Glenwood gespeel het se uitslae is as volg:
14A Wen 45 - 0
15A Wen 45 - 7
16A Wen 26 - 0
Tellings van ander spanne tot op datum kyk hier!