Saterdag 7 April pak die Goue Oues van Affies en Paarl Gim mekaar as deel van die 150 jaar vieringe van PBHS.
Oud Affies het spontaan gereageer. Behalwe vir die 25 is daar nog ongeveer 20 wat deelmaak van die gholf,, die Affie 100 funksie en dan die rugby. Daar is twee manne wat hulle vakansies kortknip en vanuit Botswana en Mozambiek invlieg - hulle wil dit nie mis nie!!!!.
Die coach is in die Paarl vir die PG o/16 toernooi en bly agter om die toernooi by te woon. Ons spandokter het self in 1983 en 1984 vir die Witbulle uitgedraf en gaan daar wees...just in case!!!
Die "Old Boys" wedstryde word gespeel op PBHS se A veld:.
10:00 - Affie OB vs Paarl Gim OB
11:00 - Grey College OB vs PBHS OB, B span
19:45 - PBHS OB, A span vs SA Legendes.
Die volgende groep oud spelers gaan Affies verteenwoordig:
2e Ry: Nico Serfontein, Riaan Olckers, Rudolf Jonker, Theo Erasmus, Theo Grobler, Trevor Jobe, Stephan Ferreira,
3e Ry: Adolf Stoffberg, Du Toit Botes, Eugene Marx (k), Grant Esterhuizen, Jannie Booysen(o/k), Quintis Pieterse, Robbie Janse v Rensburg.
4e Ry: Rudi Brits, Shaldon Heuer, Tiaan Snyman, Werner Pieterse, Sakkie vd Walt (afrigter), Tobie Le Cornu (Spanbestuurder) en Henry Kelbrick (Spandokter)
***************************************************************************************************