Ek het Hennie opgespoor in 2002 en hy het al die spelers op die 1e spanfoto vir my geidentifiseer sowel as die posisies wat die spelers gespeel het.
Hennie was ‘n besondere persoon! Hy het in 1949 op 15 jarige ouderdom gematrikuleer, was die Hoofseun en het vir die 1e rugbyspan gespeel.
Hennie het loskopstut of “linker” flank gespeel. Hennie het saam met die volgende spelers in die 1e span gespeel:
- Hennie Erasmus – President van die SO Tvl/Mpumalanga Rugby Unie 1971 - 1998
- Arie Oberholzer – Hoof Bestuurder van SARFU 1991 - 1995
- Arthur de Villiers en Gerrit Swart het in die vyftiger jare vir NTvl gespeel.
Hennie op die spanfoto van 1949
‘n Kort biografie van Hennie verskyn in die Daily Maverick -www.dailymaverick.co.za/article/2017-07-26-hennie-serfontein-the-passing-of-a-giant-of-the-pen/#.WXmRxIiGPIU
***************************************************************************************************