|
Die eerste kontak gaan sover terug as die 1968 Britse Leeus Toerspan na SA. Huidiglik is daar 4 Oud Affies direk betrokke by rugby in Ierland. 1968 - BRITSE LEEUS TOERSPAN NA SA. Tom Kiernan die kaptein van die Britse Leeus in 1968 het sy Ierse rugbytrui aan die AHS o/15A span geskenk vir hulle voortreflike spel in ‘n voorwedstryd wat die wedstryd tussen die Leeus en NTvl voorafgegaan het. Die trui is na 50 jaar en vele omswerwinge in die AHS Argief. Lees hier oor die AHS o/15 span, die trui en die soet en suur wat met die trui gepaard gegaan het, soos onthou deur die afrigter van die span vanaf 1966 - 68. Die bekendste speler in die span is ene Pierre Edwards.. Ierse trui in Argief o/15A - 1968 ************************************************************* KLUBRUGBY Dirkie Strydom (92/93/94) – Balameya 2002 – 2006 Harry Vermaas (01/02) – Leinster 2006/07 Gerhard van den Heever (06/07) – Munster 2013 – 2016 Quin Roux (07/08) – Leinster 2012 – 14 – Connacht 2014 – 18* Gerbrandt Grobler (10) – Munster 2017/18* Vlnr: Dirkie Strydom, Harry Vermaas, Gerhard vd Heever, Quin Roux, Gerbrandt Grobler Vir inligting van Oud Affies wat in die verlede en huidiglik klub rugby oorsee speel kyk hier. *********************************************** IERLAND NASIONALE SPAN Quin Roux (07/08) – Ierland 2016 - 18* Oud Affies wat vir ander Internasionale spanne gespeel het as die Springbokke kyk hier. **************************************************** ANDER Johan van Graan (97/98) – Hoof Afrigter Munster 2017/22 Wayne Mitchell (94/95) – Talent ID Manager(IRFU) 2017 totnop datum.
***********************************************
Comments are closed.
|

