- Speel 44
- Wen 34
- Verloor 10
Vir details van die onderskeie jare kyk hier.
9 Spelers beseer plus MJ wat vandag nie beskikbaar was nie.
SPAN
1. Beorn Graham
2. Jacques-Lois du Toit (kapt)
3. Werner Kruger
4. Christian Kamffer
5. Reinhardt Ludwig
6. Jeandre du Preez
7. Brendhan Kelbrick
8. Willie Potgieter
9. Michael van Aswegen
10. JP Wentzel
11. Bjorn van Wyk
12. Gerrard Botha
13. Christiaan du Toit
14. Kyle Liebenberg
15. Ruben Barkhuizen
WEDSTRYD
Geluk aan Jeandre du Preez wat vir die eerste keer die Wittrui oor die kop trek en ook in die beginspan was. Hy is de 32ste speler wat vanjaar vir die Witbulle speel.
Na verlede Saterdag was die gevoel dat die Witbulle ook Waterkloof met die kous oor die kop huistie gaan stuur.
Met die wind van agter in die eerste helfte was die halftyd telling van 24- 15 seker nie ideaal nie. Boonop het Waterkloof net na die breek 'n drie gedruk en met die telling op 24 - 22 was dit "game on".
Met die tweede helfte teen die wind het my vriend my net weer herinner dat ons van Noord na Suid speel en dit is mos afdraande? Met die wind van voor wat ook die skopwerk pale toe beinvloed het. druk Affies nog 3 driee. en die telbord vertel die verhaal.
Na die Grey College wedstryd is daar baie vrae gevra oor die 2019 seisoen en vergelykings met vorige jare. Ek sal na volgende Saterdag se wedstryd verslag 'n kort opsomming gee van vergelykende statistiek met vorige jare
Vir 2019 1e span statistiek kyk hier.
PUNTE:
AHS - 44 (24)
Driee: Brendhan Kelbrick 2x, Gerrard Boths, Bjorn van Wyk, Willie Potgieter, Michael van Aswegen en Jacques- Lois du Toit
Skoppe: JP Wentzel 2x doelskoppe en Michael van Aswegen 1x doelskop en 1x strafskop.
WATERKLOOF- 27 (15)