|
Dit sal die 17e keer wees wat die twee skole se 1e spanne teen mekaar speel sedert 1967. Nie een van die wedstryde gespeel tot op datum het op Affies se velde plaasgevind nie. Die laaste wedstryd op Paarl Gim. se veld was in 1979 gewees. Die eerste vyf wedstryde was op Paarl Gim se velde teen Toerspanne van Affies. Na die wedstryd in 1979 speel die twee spanne eers weer in 1999 met ‘n Rugby Festival (aandreeks) op Loftus teen mekaar. Jean de Villiers was die aand in die Paarl Gim. span met Francois Swart en Fourie du Preez in die Affie span. Sedert 2002 speel die twee spanne net tydens Paasnaweek en Wildeklawer Toernooie teen mekaar. Opsomming van wedstryde gewen deur die onderskeie spanne is: Die gelykop wedstryde was met 'n Paasnaweek en Wildeklawer wedstryd gewees.
Vir details van die tellings sedert 1967 kyk hier. AFFIE SPAN VIR SATERDAG 1. Wihan Bezuidenhout 2. Janco Uys 3. James Combrinck 4. Michael de Waal 5. Carl Els 6. Divhan du Preez 7. Jaco Labuschagne (kapt) 8. Philip Potgieter 9. Johan Mulder 10. Charles Goedhals 11. Ruben Meiring 12. Zach Briel 13. Marnus Potgieter 14. Ruan Wasserman 15. Regardt Roets Geluk aan Ruan Wasserman wat vir die eerste keer in die beginspan is. Sean Thungo is nie oorweeg nie agv 'n enkelbesering wat hy opgedoen het teen Helpmekaar. ********************************************************************************************* Comments are closed.
|