Gespeel - 19
Affies Wen - 6
Paarl Gim Wen - 11
Gelykop - 2
1. Ruben Windell
2. Jacques-Lois du Toit (kapt)
3. Werner Kruger
4. Reinhardt Ludwig
5. Adolph Visser
6. MJ Janse van Rensburg
7. Willie Potgieter
8. George Oosthuysen
9. Michael van Aswegen
10. FC Potgieter
11. Christiaan du Toit
12. Johan du Toit
13. Gerrard Botha
14. Kyle Liebenberg
15. Dieter Crafford
WEDSTRYD
Vandag was die groot toets gewees en het meeste Affie ondersteuners seker gedink met 'n een punt (19 - 20) verskil halftyd was Affies reg om vir 'n verrassing te sorg.
Heellaas sal dit nie goed genoeg wees nie en teken Affies nie verder punte aan in die 2e helfte nie. Minstens twee van PG se driee het verdag gelyk op die kykweer maar ongelukkig was daar nie 'n TV skeidsregter nie en is die beslissings nie weer na gekyk nie.
'n Wedstryd vol van, "as dit" of "as dat" maar soos ons almal weet is as verbrande hout en sal die eindtelling van 19 - 46 vir altyd bly staan.
Vandag was nie 'n goeie dag wat beserings aan betref nie. Terblanche van Lill en Christian Kamffer wat in die oorspronklike beginspan was moes onttrek agv van beserings. Tydens die wedstryd is MJ van Rensburg af met harsingskudding en Willie Potgieter net voor die einde van die 1e helfte. FC Potgieter is net na die begin van die 2e helfte vervang na hy sy knie beseer het in die eerste helfte. Goeie nuus is dat MJ weer op die been is!!!
Plaasvervangers gebruik was: Brendhan Kelbrick, Gustav Bester, Nico Muller en Bjorn van Wyk.
Vir 2019 1e span statistiek kyk hier.
PUNTE:
AHS 19 (19)
Driee: Willie Potgieter, Gustav Bester en FC Potgieter.
Skoppe: Dieter Crafford - 2 x doelskoppe.
PAARL GIM - 46 (20)