|
Sedert 1997 is dit die 11e keer wat die twee skole teen mekaar speel. In 2017 speel al die spanne buiten die 1e span teen mekaar. Die 1e span wedstryd word afgestel halfpad deure die 1e helfte agv donder weer. Met die 10e wedstryd wat die twee 1e spanne teen mekaar speel is KES vir die eertse keer aan die wenkant! SPAN
1. Ruben Windell 2. Jacques-Lois du Toit (kapt) 3. Werner Kruger 4. Christian Kamffer 5. Reinhardt Ludwig 6. Brendhan Kelbrick 7. Adolph Visser 8. George Oosthuysen 9. Michael van Aswegen 10. Dieter Crafford 11. Christiaan du Toit 12. Johan du Toit 13. Gerrard Botha 14. Kyle Liebenberg 15. Ruben Barkhuizen BESERINGS Ongelukkig loop die beserings spook en is die volgende spelers sedert die begin van die seisoen beseer. Johan Lategan, FC Potgieter en Philip Blignaut - Uit vir res van die seisoen MJ van Rensburg, Dieter Crafford - Harsingskudding Willie Potgieter - Liesbesering Terblanche van Lill - Rugbesering WEDSTRYD Vir die eeste keer die seisoen is die Witbulle eerste uit die blokke en voor jy jou oe kon uitvee is Affies 15 - 0 voor en breek halftyd aan met Affies wat voorloop 22 - 7. Ongelukkig was die tweede helfte nie 'n "carbon copy" van die eerste helfte nie en teken KES 4 onbeantwoorde driee aan met Affies wat net kon antwoord met 'n strafdrie laat in die tweede helfte. KES het twee redelik maklike strafskoppe in die 2e helfte nie oorgeskop nie. Affies het heelwat geleenthede gehad in diie 2e helfte maar kon dit nie in punte omskep nie. Minstens twee strafskoppe wat pale toe kon geskop word is uitgeskop en Affies kon nie die lynstane wat daarop gevolg het benut om 'n drie te druk nie Wat het die eindresultaat tot gevolg gehad? 1. Dieter af met harsingskudding in die 2e helfte wat hy al opgedoen het in die 1e helfte. 2. Rooikaart vir Affies in 2e helfte! 3. Drie driee wat nie verdoel is nie! Plaasvervangers gebruik was: Nico Muller, Beorn Graham en NC Engelbrecht wat vir die eerste keer die wittrui oor die kop trek! Vir 2019 1e span statistiek kyk hier. PUNTE: AHS - 29 (22) Driee: A v Adolph Visser 2x, Ruben Barkhuizen, Dieter Crafford plus 'n strafdrie. Skoppe: Dieter Crafford - 1 x doelskop. KES - 33 (7) Comments are closed.
|