Alhoewel dit nie 'n amptelike wedstryd was nie, het dit 'n aanduiding gegee van wat kan verwag word vir die 2019 seisoen.
Die beginspan gisteraand was:
1. Ruben Windell
2, Jacques-Lois du Toit
3, Werner Kruger
4, Reinhardt Ludwig
5, Johan Lategan
6, WJ Janse van Rensburg
7, Adolph Visser
8. George Oosthuysen
9. Michael van Aswegen
10. FC Potgieter
11. Bjorn van Wyk
12. Johan du Toit
13. Gerard Botha
14. Kyle Liebenberg
15. Dieter Crafford
Jacque Lois du Toit was die kaptein vir die wedstryd. Spelers in rooi gemerk het 1e span gespeel in 2018 plus Dieter Crafford. Christiaan Kamffer (no.4) het agv 'n besering nie gespeel nie. Spelers in blou is in Gr 11 in 2019.
Met spelers wat gereeld vervang (rolling subs) is, het ek nie rekord gehou van spelers wat opgekom het as reserwes nie.
Daar was 'n paar laaaang driee gewees. Affies se eerste drie, 'n solo lopie deur Kyle Liebenberg vanuit sy eie halfgebied na 'n agterlynbeweging was 'n juweel gewees!!!
Die uitstaande kenmerk van die wedstryd was Affies se rotsvaste verdediging. HTSM se drie was 'n onderskep drie gewees.
Driee gedruk: Kyle Liebenberg, Jacques-Lois du Toit, George Oosthuysen, Reinhardt Ludwig, en Bjorn v Wyk 2x.
Geluk aan Michael van Aswegen wat aangewys is as die Speler van die Wedstryd.
Telling: Affies 30 HTSM 5. Geen skoppe pale toe toegelaat nie.
******************************