Vir die 2015 1e span staistiek tot op datum kyk hier.
AGTERGROND:
Glenwood High bestaan sedert 1910 en het huidiglik 1200 leerders waarvan 270 in 'n koshuis woon.
Glenwood het 7 Springbokke opgelewer tot op datum. Die laaste was Warren Whiteley in 2014.
Affies en Glenwood speel onafgebroke teen mekaar sedert 2007. Affies wen 5 van die 8 wedstryde gespeel. Vir die tellings sedert 2007 klik hier.
1. Cabous Eloff
2. Schalk Erasmus
3. Niell Bezuidenhout
4. Ruben van Heerden
5. Henk Pretorius
6. Regardt du Plessis
7. Phillip Krause
8. Eduan Lubbe
9. Divan Henning
10. Ruan De Swardt
11. Christian Strydom
12. Louritz van der Schyff
13. Eddie Fouche (Kaptein)
14. Carel Koch
15. Pieter Coetzer
WEDSTRYD:
Dit was soos die Engelse spreekwoord sê van "Zero tot Hero". Met ongeveer 'n minuut speeltyd oor is Affies agter 19 - 20. Affies skop af en nadat GW dryf met die bal slaag Affies om die bal te wen en 'n strafskop af te dwing. Tussen die halflyn en GW se 10 tree lyn. Reg voor die pale. Eddie skop die strafskop oor en Affies wen 22 - 19. Dit laat my dink aan wat die eertydse afrigter van Affies se 1e span Poerie van Rooyen gesê het. " 'n Wedstryd teen Affies is nie gewen voordat jy in die stort staan nie".
Affie guts op sy beste!!
Met Affies wat 12 - 3 voor was met halftyd en wat na 'n paar minute in die 2e helfte met 19 - 3 voorloop was ek wat met behulp van twitter op hoogte gebly het van die wedstryd onder die indruk dat Affies die wedstryd redelik maklik gaan wen.
Min wetende dat tot en met halftyd die strafskop telling reeds 14 - 2 in die guns van GW was. Dit het tot gevolg gehad dat as GW die bal het, het Affies net verdedig en nie gewaag om die bal op die grond of in die los te speel nie.
Daar was blykbaar ook 'n insident wat die spel met ongeveer 5 minute vertraag het in die 2e helfte. GW wou 'n o/16 plaasvervanger gebruik wat nie toelaatbaar is as die teenstanders 'n speler in die span het wat reeds 0/19 is. Weet nie presies wat die uiteinde van die storie was nie!!
Sterkte aan Eddie , Ruben, Phillip en Cabous wat vir die onderskeie SA skole spanne speel in die volgende paar weke. Ongelukkig sal hulle nie deel wees van Affies se laaste wedstryd teen Boys High nie.
PLAASVERVANGERS:
Henco Jordaan (Eddie Fouche bloed?), Henco Jordaan (Ruan De Swart en Eddie skuif losskakel toe).
PUNTEMAKERS:
AHS: 22 (12)
Driee: Henk Pretorius 1x, Chrsitian Strydom 1x, Divan Henning 1x.
Skoppe: Eddie Fouche 2 x Doelskoppe en 1 x Strafskop.
GW: 20 (3)
ANDER TELLINGS
o/14A verloor 0 - 21 ( no 34 op die ranglys vs no 1)
o/15A wen 22 - 14
o/16A verloor 22 - 28 (onderskep drie is die verskil)
6e wen 84 - 0
5e wen 12 - 0
4e verloor 10 - 17
3e wen 48 - 5
2e wen 24 12
*********************************************************************************************