Wat die 1e span aan betref was Affies nog elke keer aan die wenkant ingesluit gister se wedstryd. Die grootste punte verskil was 2020 toe Affies 85 – 10 gewen het
WITBULLE vs DIAMANTVELD - 12 Maart 2022
SPAN
15. JL VAN RENSBURG
14. GUSTAV MARITZ*
13. TIAAN DE WET*
12. HEINRICH HORN*
11. RISIMA SAMBO
10. STEHAN HEYMANS (K)
9. ARMAND SHAHIA*
8. BEYERS ROOS*
7. CF DELPORT*
6. EWAN VAN HEERDEN*
5. ANDREAS BURGER*
4. ANTON GROTIUS*
3. ZACK MARITZ*
2. HANRO VENTER*
1. LUCHAN MOUTON*
RESERWES
- Abel Pretorius* vir no 7
- Ulrich vd Merwe* vir no 13
Geluk aan al die spelers met ‘n asterix wat gister die 1e keer die Wittrui aangetrek het Hulle 1e Affie Cap!!! Een van 1558 spelers wat sedert 1921 vir Affies se 1e span gespeel het!!!
WEDSTRYD
Geluk aan Stehan Heymans wat as kaptein aangewys is. Die 106e kaptein sedert 1921.
Na twee jaar se Covid 19 het niemand geweet wat om te verwag nie. Die 1e helfte was verseker waarna Affie ondersteuners uitgesien het. Die laaa..ng drie van Risima Sambo sal nog lank onthou word. Ek het voor my rekenaar in Nelspruit gesit en hande klap!!! Met vyf drieë wat al vyf deur Stehan Heymans verdoel is het menige ondersteuner gesigte gesien van ‘n halftyd telling wat gaan verdubbel word.
Dit was toe nie so nie. Dit wat ek gesien het met die verloop van 60 minute se rugby kan net verder op verbeter word. Die grondslag is gelê vir die 2022 seisoen. Voorspoed vir die afrigters en die spelers vir die res van die 2022 seisoen.
PUNTE:
AHS: 40(35)
Driee: Gustav Maritz, Ewan v Heerden, Risima Sambo, Beyers Roos (2x) en Hanro Venter
Skoppe: Stehan Heymans 5 x doelskoppe
DIAMANTVELD 3(3)
1e Span seisoen opsomming kyk hier!