Volgende Saterdag se wedstyd teen Helpmekaar gaan Affies se eerste groot toets wees die seisoen?
1. Ruben Windell
2. Jacques-Lois du Toit (kapt)
3. Werner Kruger
4. Christian Kamffer
5. Reinhardt Ludwig
6. MJ Janse van Rensburg
7. Adolph Visser
8. George Oosthuysen
9. Michael van Aswegen
10. Nico Muller
11. Bjorn van Wyk
12. Johan du Toit
13. Gerrard Botha
14. Kyle Liebenberg
15. Dieter Crafford
PLAASVERVANGERS
Beorn Graham, Ruben Barkhuizen, Willie Potgieter en Philip Blignaut
WEDSTRYD
Die Witbulle was van die begin af onder druk en het nooit voorgeloop in die wedstryd nie.
Halftyd was CBHS 5 - 17 voor gewees.
Kort na die begin van die 2e helfte druk Affies 'n drie wat die telling 10 - 17 maak, net om dit ongedaan te maak met 'n onderskep drie wat die telling 10 - 24 maak. In die 44ste minuut is Bjorn van Wyk beseer en kom my "Live streaming ook tot 'n einde!!!
Op Twitter lees ek dat Affies na twee driee die telling gelykop maak op 24 elk. CBHS druk weer 'n drie en die telling is 24 - 31. Michael van Aswegen druk 'n drie reg aan die einde wat verdoel word deur Dieter om die wedstryd gelykop te laat eindig, 31 elk. Wat 'n verligting!!
Dit blyk na die tyd op die kyk weer dat die laaste vervyfskop van Dieter heel moontlik mis was maar soos Oom Boy Louw gese het "Looks at the scorebord"!
Vir 2019 1e span statistiek kyk hier.
PUNTE:
AHS 31 (5)
Driee: George Oosthuysen, Jacques-Lois du Toit, Michael van Aswegen 2x en Kyle Liebenberg.
Skoppe: Dieter Crafford, 3 x doelskoppe.
CHRISTCHURCH BHS - 31 (17)