|
Aanvanklik het die onderskeie spanne van die twee skole net in liga verband teen mekaar gespeel. ‘n Belangrike mylpaal in 1933 was die eerste interskool vriendskaplike rugbytoernooi tussen Boys High en Affies. Die eerste “rugbytoernooi” word teen Boys High gehou op 30 Augustus 1933 met 3 spanne wat meeding op dieselfde dag. Volgens Pa le Roux se Skooljoernaal het die AHS eerste span onder aanvoering van W. Niehaus hierdie historiese botsing 8-0 gewen. Die tweede span het 14-0 verloor en die derdes het gelykop 0-0 geëindig. Dié vriendskaplike toernooi sou hierna 'n jaarlikse gebeurtenis word waarna altyd met groot afwagting uitgesien word.
Ongeag watter span ‘n speler in speel, bly die jaarlikse Derby teen Boys High een van die hoogtepunte van elke seisoen. Ek glo dat vir die meeste Oud Affies een of ander wedstryd teen Boys High vir altyd onthou sal word. So ‘n paar wedstryde wat uitstaan oor die jare is: 1921 - 12 Mei 1921 is die eerste aangetekende botsing tussen 'n rugbyspan van AHS en Boys High. In die Skooljoernaal van mnr le Roux word verwys na “ons 3e span” wat teen Boys High gespeel het. Feit is dat die AHS slegs twee spanne gehad het, naamlik die oopspan en die 0/16-span. “Derde span” is egter 'n term wat daardie jare in Die Volkstem gebruik is en eintlik na die derde stadsliga verwys het. Dit is die liga waarin die AHS oopspan gespeel het en dit is dus baie waarskynlik dat hierdie die oop-eerste span van AHS was wat 'n eerste botsing teen Boys High se derde liga B-span(2e span) gespeel het. Boys High het die botsing 5-0 gewen. 1949 - Affies en Boys High speel in die hoofvoorwedstryd vir die All Blacks teen die Noordelike Universiteit. 1953 - Die eerste wedstryd teen Boys High op Loftus dien as voorwedstryd vir die besoekende Wallabies teen NTvl. Boys High het ‘n spogspan gehad met verskeie spelers wat drie jaar vir die 1e Span gespeel het. Die Sportredakteur van die Pta News (Jimmy Main ’n oud „gal“) skryf dat hy sy enigste kerkhoed sal opvreet as Affies vir Boys High wen. Louis Schmidt het hulle skrumskakel en losskakel heeltemal ontsenu met sy „Tackles” en hulle het meer hulle oë op hom gehad as die bal. Louis het twee drieë in die wedstryd gedruk en nodeloos om te sê het Affies met 9 – 0 gewen. Wat van Jimmy Main se hoed geword het sal net hy weet. 1995 - In die gees van die 1995 Rugby Wêreld Beker in SA sing albei skole hulle skoollied voor die aanvang van die 1e span wedstryd. Wayne Erickson Australiese WB skeidsregter was in beheer van die 1e span wedstryd wat Affies 30 - 22 wen. BOOMSPAN WEDSTRYD In 1983 het die Derby 'n nuutjie opgelewer toe alle nie-spelende leerlinge uitgenooi is om spanne op te maak om teen soortgelyke spanne van Boys High te speel. Spanne soos "Lexington", "Hubbly-Bubbly", "Camel", ensovoorts, het hul verskyning gemaak en ernstige rugby teen die Galle opgedis. Die Derby in 1989 het egter uitgewys dat die tradisie van sosiale spanne, soos die "Gunston" en "Boomspanne" aan die taan was omdat Boys High nie meer oor voldoende spelers beskik het om dié spanne almal vol te maak nie. Volgens die statsitiek van wedstryde gespeel sedert 1988 het die tradisie van die “Boomspan” eers in 1998 doodgeloop. Sien wedstryde in donker grys gemerk in die tellings van ander wedstryde. Kyk hier. 'n Paar van die Boomspan tellings is uitstaande? GEESVANG VOOR DIE DERBY Oor die jare was daar verskeie geesvang aksies wat gekom en gegaan het soos:
TUISVELD VOORDEEL Alhoewel Affies aan die wenkant was die afgelope 10 kragmetings kan die feit dat dit Saterdag ‘n tuiswedstryd is vir Boys High nie geignoreer word nie. Affies se “Tuis” en “Weg” rekord is as volg: Tuis
Vir tellings en wedstryd statistiek van die 1e span (1923 – 2016) kyk hier. WEDSTRYD TELLINGS VAN ANDER SPANNE 1988 – 2016 ( Kyk hier) Tellings vir 1989,90,91,93 en o/16 tellings van 2007 is uitstaande. Comments are closed.
|