Dinsdag skryf ek oor wedstryd statsitiek, ens.
Woensdag 'n skrywe oor wedstrydprogramme.
Donderdag die Affie 1e span wat Saterdag speel.
Wedstryd bepalings sal gepost word sodra ek dit ontvang!!!
Noord van die Vaal is die wedstryd tussen die twee skole die oudste Derby wat jaarliks plaasvind. Dit sal Saterdag die 114e keer wees wat die twee 1e spanne teen mekaar speel sedert 1923. Die wedstryd tussen die twee skole het twee jaar nie plaasgevind nie. In 1944 agv die 2e Wêreld Oorlog en in 1957 agv ‘n griep epidemie.
Die oudste twee skole Derbys in SA is:
1873 – SACS en Bishops
1875 – Hilton College en Maritzburg College
GESKIEDENIS
Vir 1920 is daar geen wedstryd tellings/inligting beskikbaar van Affie rugby nie. In die 1921 jaarblad word daar genoem dat daar rugby gespeel is in 1920 maar dat die meeste wedstryde verloor is. Ek het geen twyfel dat daar wedstryde gespeel is teen van Boys High se laer spanne. In 1921 en ‘22 speel Affies se 1e span teen Boys High se 2e span.
In 1923 speel die twee skole se 1e spanne vir die 1e keer teen mekaar en wel drie keer. Daar is verskeie jare waar daar meer as een keer teen mekaar gespeel is. Die laaste keer wat daar twee keer in een jaar gespeel is was in 2012. Die rede hoekom daar in die 90’s en ‘00 twee keer teen mekaar gespeel is was om ‘n “Tuis” en “Weg” tradisie te vestig. In Affies se geval is die wedstryd teen Boys High heel gepas die laaste wedstryd van die seisoen.
Vanaf 1921-’23 speel ‘n paar onderwysers vir die 1e span. Een van die 3 wedstryde van 1923 was ‘n “Admin. Beker” wedstryd waarin die onderwysers nie toegelaat was om te speel nie.
n die vroeër jare was Boys High meestal aan die wenkant. Die aantal wedstryde gewen en verloor draai eers positief in Affies se guns in 1991 met 39 wedstryde gewen en 38 verloor. Die aantal wedstryde wat gespeel word op die dag het vanaf 1988 se 18 wedstryde vermeerder tot 30 in 2004 en het gelydelik verminder tot verlede jaar se 23 wedstryde.
'n Trofee waarvoor gespeel word en na die wedstryd oorhandig word aan die wenspan was nooit werklik deel van die Derby nie. In 1987 het die AHS matrieks van 1966 'n wisseltrofee, die 66-Beker, vir die jaarlikse Derby geskenk. Saterdagoggend 20 Junie 1987 is afgeskop met 'n mini-kermis, inwyding van die nuwe Affie kleedkamers en 'n optog wat ook byna tradisie was: Die Boys High doedelsakorkes met daaragter 'n aantal Affies wat op beeshorings blaas en na afloop daarvan die Affiemanne wat lostrek met "Ken jy die land waar die Boerevolk woon?" Affies wen 12 uit die 20 botsings en ook die klipharde hoofwedstryd naelskraap met 13-10 om die eerste houer van die 66-Beker te word. Die trofee is nie lank gebruik nie en in 1992 skenk die borg van die Derby wedstryd die “Bexforce” beker wat soortgelyk was as die 66-Beker. Dit is net tot 1994 gebruik.
Volgens inligting wat ek het was daar vanaf 1988 – 1998 ‘n “Gunston/Boom” span wedstryd gewees. Dit mag dalk vroeer gewees het. Ek sal more meer daaroor skryf op my Blog wanneer ek inligting verskaf oor wedstryd statsitiek.
Die 1997 wedstryd is regstreek op SABC uitgesaai en was die eerste wedstryd van die twee skole wat regstreeks uitgesaai is.
In 1996 gebeur wat niemand ‘n speler wat aan die dag se wedstryde deelneem toewens nie. Affies se Erich Small breek sy nek tydens die 0/16D wedstryd wat tot gevolg het dat hy permanent in sy onderlyf verlam is. Hieronder 'n foto van Erich en sy spanmaats twee weke na hy beseer is.