Die uitslae van die ander wedstryde gespeel kan hier gesien word. My apologie vir die lys van tellings wat ek reeds gepubliseer het wat 'n verkeerde telling vir o/16E gehad het.
Instede van 'n wen was dit 'n verloor vir Affies. Affies het dus 20/23 wedstryde gewen.
1. Wiehan Bezuidenhout
2. Johan van Zyl (k)
3. James Combrinck
4. Mica Ruthven
5. Jaco Labuschagne
6. Janco Uys
7. Divhan du Preez
8. Philip Potgieter
9. Steyn vd Spuy
10. Regardt Roets
11. Ewan Botha
12. Zach Briel
13. Marnus Potgieter
14. Ruan Wasserman
15. Ruan van Tonder
Spelers wat beseer is - Ruben Meiring, Michael de Waal, Johan Mulder, Dewald Donald en Carel Els.
WEDSTRYD:
Ongelukkig het ek nie die wedstryd bygewoon nie. Die "live streaming" het ook nie gewerk nie en het ek net die basiese statistiek.
My inligting is dat daar soos altyd 'n groot skare ondersteuners was. Dit is maar net weer 'n bewys dat ongeag wat die voorafgaande jare se uitslae was die jaarlikse Derby steeds 'n hoogtepunt is van albei skole se seisoen.
Boys High is altyd 'n perd van 'n ander kleur as hulle op hulle tuisveld speel wat bewys word deur die statsitiek van Affies se “Tuis” en “Weg” rekord teen Boys High.
Tuis
- Wen 66,7%
- Verloor 33,3%
- Wen 54,7%
- Verloor 45,3%
RESERWES:
Jordan Swemmer (Mica Ruthven), Heinrich Bisschoff (Ruan van Tonder)
PUNTE:
AHS - 36 (17)
Driee - Philip Potgieter 2x, Marnus Potgieter, Johan van Zyl en Divhan du Preez.
Skoppe - Regardt Roets 4 x doelskoppe en 1 x strafskop
PBHS - 3 (20)
***************************************************************************************************