Affies speel in Kimberley met 28 spanne vir die tweede jaar na mekaar. Omdat soveel spanne betrek word is dit die ideale afskop van 'n seisoen. Dit lyk of dit 'n jaarlikse instelling gaan word in die toekoms om elke jaar die seisoen af te skop in Kimberley.
Vir die rekord. Dit is die 10e keer wat die twee skole se 1e spanne teen mekaar speel sedert 1985 met die Wit Bulle wat elke keer aan die wenkant is.
Tellings van die ander spanne kyk hier.
BEGIN SPAN
15. Migael de Lange #
14. Stephan Brits #
13. Naude Lourens *
12. Janco Purchase * (O/Kapt)
11. Eagan Roux *
10, Ruben Pienaar *
9. Hendre Schoeman *
8. Ruan Lippold *
7. Juan Vorster *
6. Braam Swanepoel *
5. Ruben Dreyer *
4. Johnathan Eloff *
3. Ruan Smuts *
2. FC van Rooyen #
1. Steyn Truter # (Kapt)
# = 1e Span 2022
RESERWES GEBRUIK:
- Theuns Maritz * vir no 13
- Ivandre van Wyk # no 11
- JD Hattingh * vir no 5
WEDSTRYD
Met Super Sport Schools se teenwoordigheid is dit onwaarskynlik dat daar nie 'n wedstryd van die 1e span in 2023 "gestream" sal word nie. Daarom sal ek myself nie te veel uitlaat oor die wedstryd nie.
Dit was die 1e wedstryd van die seisoen en met net 4 spelers wat in 2022 vir die Bulle gespeel het was die samespel nie wat dit moet wees nie. Halftyd telling was na 4 driee 20 - 0 in die Wit Bulle se guns.
Dit word opgevolg met net die drie in die tweede helfte wat verdoel is.en die finale telling 27 - 0 in die Wit Bulle se guns.
In vergelyking met 2022 is daar net een drie meer gedruk maar 4 van die driee is verdoel.. Ook net een drie gedruk in die 2e helfte. Die grondslag is gelê vir die 2023 seisoen. Voorspoed vir die afrigters en die spelers vir die res van die 2023 seisoen.
PUNTE:
AHS: 27(20)
Driee: FC v Rooyen (3x), Michael de Lange en Naude Lourens.
Skoppe: Ruben Pienaar 1 x doelskoppe.
DIAMANTVELD: 0 (0)
1e Span seisoen opsomming kyk hier!