15. Heinrich Bisschoff
14. Jason Scheepers
13. Stephin Alberts
12. Pierre Fourie
11. Chris Bruyns
10. Regardt Roets (kapt)
9. Steyn vd Spuy
8. George Oosthuizen
7. Robin Brooks
6. Janco Uys (o/kapt)
5. Adolph Visser
4. Gustav Bester
3. Duchan Gerovich
2. Jacques-Louis du Toit
1. Dewald Donald
Geluk aan Regardt Roets wat aangewys is as kaptein van die 1e span vir die seisoen. Lys van kapteins sedert 1921 verskyn hier.
Geluk aan Gustav Bester wat vandag die eerste keer die wittrui oor die kop getrek het en ook in die beginspan was. Pieter Bosch en Chris Kamffer kom in die 2e hrlfte op as plaasvervangers en verdien so hulle Witbulle "cap".
WEDSTRYD
Ongelukkig of dalk gelukkig kon ek net die begin en die laaste 5 min van die wedstryd op die internet kyk.
Na die Paarl Boys week het meeste ondesteuners naels gekou oor wat die uitslag gaan wees vandag. Ek is seker dat met die halftyd telling 7 – 34 in Paarl Gim se guns het baie Affie ondersteuners ‘n eindtelling gesien van twee maal soveel of dan ‘n rekord telling teen Affies.
Tenspyte van die halftyd telling en beserings in die 2e helfte slaag Affies daarin om die telling binne perke te hou. Tegnies wen Affies die 2e helfte 14 – 7.
Geluk aan Paarl Gim. met 'n welverdiende oorwinning.
Dankie aan die AFFIE seuns op die paviljoen wat hulle span tot die einde met hulle tipiese dreunsang ondersteun het!!!
RESERWES: Dian Nordier (Heinrich Bisschoff), Sarel Joubert (Duchan Girovich), SD Meyer (Regardt Roets - bloed), Pieter Bosch (JL du Toit), David Jacobz (Robin Brooks) en Chris Kamffer (George Oosthuizen).
PUNTE:
AHS: 21 (7)
Driee: Jacques- Louis du Toit, Pierre Fourie en Janco Uys een elk.
Skoppe: SD Meyer 1 x doelskop en Regardt Roets 2 x doelskoppe.
PAARL GIM.: 41 (34)
1e Span statistiek vir die jaar tot op datum verskyn hier.
***************************************************************************************************
**************************************************************************************************