Dit was ook die 34 ste jaar sedert 1966 wat met al die spanne(Interskole) teen mekaar gespeel is. Tellings van die 28 wedstryde vandag gespeel verskyn hier.
Die dag was weer gekenmerk deur duisende ondersteuners van beide skole wat die 1e span wedstryd bygewoon het.
Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Interskole wen albei skole ewe veel wedstryde naamlik 14 elk.
Op die dag teken Affies 633 en Grey College 458 punte aan.
1e SPAN
15. Dieter Crafford
14. Jason Scheepers*
13. Stephin Alberts*
12. Dian Nordier*
11. Eric Sherman
10. Regardt Roets (kapt)#
9. Steyn vd Spuy*
8. Jan Dagutat*
7. Adolph Visser
6. David Jacobsz
5. Christian Kamffer
4. Zandher Schmidt*
3. Sarel Joubert
2. Janco Uys*
1. Dewald Donald*
# - 1e Span das 2017
* - 1e Span das 2018
RESERWES:
Michael van Aswegen (Steyn vd Spuy) en David Jacobsz (George Ootshuizen).
WEDSTRYD:
'n Wedstryd van twee helftes met Grey wat die 1e helfte oorheers het en op 'n stadium 22 onbeantwoorde punte aangeteken het. Affie ondersteuners sal verskoon word as hulle halftyd gedink het dat hier kom 'n rekord telling vir Grey College.
Weereens vir die 2e Saterdag in 'n ry draai Affies die bordjies om in die 2e helfte en loop op 'n stadium 28 - 27 voor met ongeveer 10 minute oor. Maar heellaas was dit einde niet en loop Grey College se 1e span met die loure weg met nog twee driee wat die eindtelling te staande bring op 28-39 in Grey College se guns. Bygese dat as Grey die 1e span wedstryd verloor het, het hulle die dag verloor.
Weereens geluk aan die Witbul spelers wat hulle lywe op die spel geplaas het maar vir die 3e keer die jaar moes toesien dat hulle in die laaste pylvak verby gesteek word???
PUNTE:
AHS - 28 (7)
Driee: Dewald Donald, George Oosthuizen, Dieter Crafford en Jan Dagutat.
Skoppe: Regardt Roets 4 x Doelskoppe
GC - 39 (22)
1eSpan statistiek vir 2018 tot op datum verskyn hier.
***************************************************************************************************