|
Dit was die 6e keer wat die 2 skole teen mekaar gespeel het sedert 1985. Kyk hier vir die historiese tellings. SPAN:
15. Heinrich Bisschoff 14. Jason Scheepers 13. Stephin Alberts 12. Dian Nordier 11. Eric Sherman 10. Regardt Roets 9. Steyn vd Spuy 8. George Oosthuizen 7. Jandre de Beer 6. Robin Brooks 5. Adolph Visser 4. Zhander Schmidt 3. Duchan Gurovich 2. Janco Uys (kapt) 1. Dewald Donald RESERWES WAT GEBRUIK IS: David Jacobz vir Jandre de Beer (Besering) Michael van Aswegen vir Steyn van der Spuy Chris Bruyns vir Jason Scheepers Jacques- Louis du Toit vir David Jacobz WEDSTRYD: Ek kon ongelukkig nie die wedstryd bywoon nie maar het die volgende via die internet opgetel. In die eerste helfte is Affies redelik swaar gestraf gewees. Minstens 3 driee het verlore gegaan met 'n laaste aangee wat nie "gestick" het nie. 'n Nat veld het dit ook nie maklik gemaak nie. Halftyd was die telling 5 - 0 in Affies se guns nadat die eerste punte in die eerste 5 minute aangeteken is. In die 2e helfte het die wal gebars en behaal George Oosthuizen onder andere 'n driekuns.. Die telling kon beslis baie meer gewees het!!! Geluk aan Stephin, Dian, Eric, George, Jandre, Adolph, Zhander, Duchan wat die Wittrui vir die eerste keer oor die kop getrek het en ook aan David, Michael en Jacques-Louis wat opgekom het as reserwes en so ook hulle 1e "cap"gekry het. Voorwaar 'n voorrreg!!!! Geluk aan Janco Uys wat sy 1e rugbyspan das kry na sy 7e keer in die beginspan. Jan Dagutat en Pierre Fourie behoort reg te wees vir die volgende wedstryd.. Die seisoen opgesom verskyn hier. PUNTEMAKERS: AFFIES - 40 (5) Driee - George Oosthuizen 3x en Dewald Donald, Heinrich Bisschoff en David Jacobz een elk. Doelskoppe - Regardt Roets 5 uit 6. DIAMANTVELD - 7 (0) *************************************************************************************************** Comments are closed.
|