15. Heinrich Bisschoff
14. Jason Scheepers
13. Stephin Alberts
12. Pierre Fourie
11. Chris Bruyns
10. Regardt Roets (kapt)
9. Steyn vd Spuy
8. Jan Dagutat
7. George Oosthuizen
6. Robin Brooks
5. Lian Taljaard
4. Zhander Schmidt
3. Viljoen van Zyl
2. Janco Uys
1. Dewald Donald
Geluk aan Jan Dagutat, Lian Taljaard, Viljoen van Zyl en Pierre Fourie wat vir die eerste keer die wittrui oor die kop trek en ook in die beginspan was.
Geluk aan Lian Taljaard wat in sy Oupa se voetspore volg wat vir die 1e span gespeel het in 1947 en 48. Sy Oupa Leon was ook die kaptein van die 1948 span. Vir 'n lys van Oupa en kleinseuns wat vir die 1e span gespeel het kyk hier.
Geluk ook aan Steyn van deSpuy wat vir die 7e keer in die beginspan is en sy 1e span das ontvang.
RESERWES
Die volgende reserwes het opgekom s plaasvevangers: Michael van Aswegen (Steyn vd Spuy), Dian Nordier (Chris Bruyns), Adolf Visser (Lian Taljaard), David Jacobs (Jan Dagutat), Duchan Gurovich (Viljoen van Zyl) en Jacques-Louis du Toit (Vir 'n bloed besering).
WEDSTRYD
Ongelukkig kon ek net 'n gedeelte van die wedstryd kyk omdat meeste van die 2e helfte die "Live Stream" nie beskikbaar was nie.
Affies sal terugkyk en dit onthou as 'n wedstryd van verspeelde kanse. Daar was genoeg geleenthede om punte aan te teken maar besluite en hantering het ons op kritieke stadiums in die steek gelaat. Die wedstryd teen Helpmekaar wat nie gespeel is nie het dalk gewys na 'n tekort aan wedstryd tyd en samespel.
Hartpury moet erkenning kry vir hulle fanaties verdedig.
Sien uit na Saterdag en hopelik is dit 'n handomkeer na vandag?
PUNTE:
AHS 15 (5)
Driee - Jason Scheepers, Stephin Alberts.
Skoppe - Regardt Roets 1x Doelskop en 1 x Strafskop
HARTPURY COLLEGE 26 (12)
Die eerste span statistiek vir die seisoen tot op datum kan hier gesien word.
*****************************************************************