|
Kort opsomming van die wedstryd plus statistiek. SPAN
15. Heinrich Bisschoff 14. Jason Scheepers 13. Stephin Alberts 12. Pierre Fourie 11. Chris Bruyns 10. Regardt Roets (kapt) 9. Steyn vd Spuy 8. Jan Dagutat 7. George Oosthuizen 6. Robin Brooks 5. Lian Taljaard 4. Zhander Schmidt 3. Viljoen van Zyl 2. Janco Uys 1. Dewald Donald Geluk aan Jan Dagutat, Lian Taljaard, Viljoen van Zyl en Pierre Fourie wat vir die eerste keer die wittrui oor die kop trek en ook in die beginspan was. Geluk aan Lian Taljaard wat in sy Oupa se voetspore volg wat vir die 1e span gespeel het in 1947 en 48. Sy Oupa Leon was ook die kaptein van die 1948 span. Vir 'n lys van Oupa en kleinseuns wat vir die 1e span gespeel het kyk hier. Geluk ook aan Steyn van deSpuy wat vir die 7e keer in die beginspan is en sy 1e span das ontvang. RESERWES Die volgende reserwes het opgekom s plaasvevangers: Michael van Aswegen (Steyn vd Spuy), Dian Nordier (Chris Bruyns), Adolf Visser (Lian Taljaard), David Jacobs (Jan Dagutat), Duchan Gurovich (Viljoen van Zyl) en Jacques-Louis du Toit (Vir 'n bloed besering). WEDSTRYD Ongelukkig kon ek net 'n gedeelte van die wedstryd kyk omdat meeste van die 2e helfte die "Live Stream" nie beskikbaar was nie. Affies sal terugkyk en dit onthou as 'n wedstryd van verspeelde kanse. Daar was genoeg geleenthede om punte aan te teken maar besluite en hantering het ons op kritieke stadiums in die steek gelaat. Die wedstryd teen Helpmekaar wat nie gespeel is nie het dalk gewys na 'n tekort aan wedstryd tyd en samespel. Hartpury moet erkenning kry vir hulle fanaties verdedig. Sien uit na Saterdag en hopelik is dit 'n handomkeer na vandag? PUNTE: AHS 15 (5) Driee - Jason Scheepers, Stephin Alberts. Skoppe - Regardt Roets 1x Doelskop en 1 x Strafskop HARTPURY COLLEGE 26 (12) Die eerste span statistiek vir die seisoen tot op datum kan hier gesien word. ***************************************************************** Comments are closed.
|