Tellings van ander wedstryde was maar skraps. Die tellings wat ek gekry het op die Affie Toep en op Digitv het nie almal ooreengestem nie. Ek sal later 'n lys van ander wedstryd tellings op my Blog en Webwerf plaas.
1. Ruben Windell
2. Jacques-Lois du Toit (kapt)
3. Werner Kruger
4. Reinhardt Ludwig
5. Johan Lategan
6. MJ Janse van Rensburg
7. Adolph Visser
8. George Oosthuysen
9. Michael van Aswegen
10. FC Potgieter
11. Bjorn van Wyk
12. Johan du Toit
13. Gerard Botha
14. Kyle Liebenberg
15. Dieter Crafford
In die span was:
- 9 Graad 12 en 6 Graad 11 spelers.
- 5 Spelers wat verlede jaar 1e span gespeel het.
- 3 Spelers wat verlede jaar vir die BB xv aan die CW deelgeneem het.
- 2 Spelers wat in 2018 aan die Grant Khomo week deelgeneem het.
Beserings:
- Christiaan Kamffer sal heel waarskynlik volgende Vrydag reg wees.
RESERWES
Johan Muller (No.9), Willie Potgieter (No 6) en Beorn Graham (No1)
WEDSTRYD
Geluk aan die 9 spelers wat in die beginspan was en die drie wat opgekom het as reserwes, wat die eerste keer die wittrui oor die kop getrek het. Wat 'n voorreg en prestasie!!!
Ek kan geen kommentaar lewer oor die wedstryd nie want die "live streaming" was af agv die weer en reen toe die 2e span wedstryd in die helfte van die 1e helfte gestop is en nie weer aangekom het nie.
Wat merkbaar was, is dat 7/8 van die driee deur voorspelers gedruk is?
Vandag het 2 families weer geskiedenis gemaak:
BROERS
Willie Potgieter - 2019
Philip Potgieter - 2017
FC Potgieter - 2019
Marnus Potgieter - 2016,17
PA EN SEUN
FC Potgieter - 2019
Marnus Potgieter - 2016,17
Christo Potgieter - 1984,85,86
PUNTE:
AHS 52 (28)
Driee - Werner Kruger 2x, Adolph Visser, Reinhardt Ludwig, George Oosthuysen, Jacques-Lois du Toit en Dieter Crafford
Skoppe - Dieter Crafford - 6 x doelskoppe
DIAMANTVELD 25 (13)
************************