So paar weke terug ontvang die Argivaris van AHS fotos van Neels Alant se 1988 Volkskas sakboekie waarin al die 1e span tellings van 1988 aangeteken is.
Ek ontvang die volgende via epos vanaf Neels nadat ek hom gekontak het:
"Ek wou kyk of my prefektebaadjie vir my seun Gerhard (tans in Gr10) sou
pas, maar dis lankal te klein vir hom. Hy haal toe die dagboek uit die
binnesak. Kan jy glo, al die tellings!
Ek onthou soos gister hoe swaar ons gesluk het aan die verloorwedstryde teen
Middelburg en Potch Gim. Dr Edwards (88' 1e span afrigter) het ons geleer om ‘n verloortelling te hanteer. Hy het nooit sy stem verhef of met ons geraas nie, maar sy woorde was hard met die afstap : “Koppe op!”
In my beroep moet mens ‘n goeie verloorder kan wees en ek put soms uit daardie kort les. Ek moet dit eintlik vir hom sê. Dalk onthou hy dit?
Hoe dit ook al sy, elkeen het sy unieke herinnerings. My jare by Affies was
van die beste jare in my lewe"
Wat 'n storie! Baie dankie Neels!!!!
Fotos van Neels op die 1988 1e span foto en die 1988 sakboek met die uitslae.
1983 - Wedstryd na HTS Tom Naude en voor die wedstryd teen Monument
1987 - HTS Tuine.
Enige hulp met uitstaande tellings sal waardeer word. My kontakinligting is op die Tuisblad. Vir uitstaande tellings per jaar gaan na die volgende skakels vir die 70's en vroeër,
50's - https://www.affiesrugby.co.za/1950---1959.html
60's - https://www.affiesrugby.co.za/1960---1969.html
70's - https://www.affiesrugby.co.za/1970---1979.html
*********************************