AFFIES RUGBY
  • Tuis
  • Agtergrond
  • Blog
  • Seisoen
    • 2025 >
      • 1e Span Seisoen
      • Ander Spanne Tellings
      • 2025 Wedstryd Program
    • 2024 >
      • 1e Span Seisoen
      • Ander Spanne Tellings
      • 2024 Wedstrydprogram
      • 2024 Sewes Tellings
      • Noord Suid Bepalings
      • Noord Suid Tellings
    • 2023 >
      • 1e Span Seisoen
      • Ander Spanne Uitslae
      • Sewes Tellings
      • 2023 Wedstrydprogram
      • Afrigters
      • Oefentye
    • 2022 >
      • 2022 1e Span Seisoen
      • 2022 Ander Spanne UItslae
      • 2022 Sewes Tellings
      • Wedstrydprogram
      • Afrigters
    • 2021 >
      • 2021 1e Span Seisoen
      • 2021 Ander Spanne Uitslae
      • Wedstrydprogram
      • Afrigters
    • 2020 >
      • 2020 1e Span Seisoen Statistiek
      • 2020 Ander Spanne Uitslae
      • Wedstryd Program
      • Oefentye
    • 2019 >
      • 2019 1e Span Seisoen Statistiek
      • 2019 Ander Spanne Uitslae
      • 2019 Wedstryd Program
      • 2019 Afrigters
      • 2019 Oefentye
    • 2018 >
      • 2018 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2018 Ander Spanne Uitslae
      • 2018 Bepalings
      • AHS Afrigters 2018
    • 2017 >
      • 2017 Bepalings
      • 2017 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2017 Ander Spanne Uitslae
      • 2017 Velde en Oefentye
    • 2016 >
      • 2016 Bepalings
      • 2016 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2016 Ander Spanne Uitslae
    • 2015 >
      • 2015 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2015 Ander Spanne Uitslae
    • 2014 >
      • 2014 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2014 Ander Spanne Uitslae
    • 2013 >
      • 2013 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2013 Ander Spanne Uitslae
  • Geskiedenis
    • Het Jy Geweet?
    • Geskiedenis Eerste Span Kleredrag
    • Die naam Wit Bulle
    • Simbool van die Wit AHS - rugbytrui
    • Toere & Toernooie
    • Francois Swart 0/15 Toernooi
    • Wit Bulle " Comebacks"
    • AHS se Ierland Konneksie
    • Affies Skepskop Spesialiste
    • Driee om te Onthou
    • Tradisies
    • Koshuis vs Dorp
    • Affie Rugby en Covid - 19
    • Opsomming per Jaar >
      • 1921 - 1929
      • 1930 - 1939
      • 1940 - 1949
      • 1950 - 1959
      • 1960 - 1969
      • 1970 - 1979
      • 1980 - 1989
      • 1990 - 1999
      • 2000 - 2009
      • 2010 - 2019
      • 2020 - 2029
  • Eerste Span Spelers
    • Alfabetiese Lys 1921 tot op Datum
    • Broers
    • Pa en Seun
    • Oupa, Seun en Kleinseun
    • Oupa en Kleinseun
    • 50 Wedstryde +
    • 3 Jaar +
  • Skole Spanne Verteenwoordig
    • Nasionaal
    • SARU EPD Program
    • N.Tvl & BB Skole spelers
    • N.Tvl & BB o/18 Ontwikkeling
    • BB o/17 - 7's
    • NTvl & BB o/17 Ontwikkeling
    • BB o/16 Grant Khomo & Ontwikkeling
    • BB o/15 Ontwikkeling
    • Ander Skool Spanne
  • Skole teen Gespeel
    • Skole teen Gespeel - Alfabeties
    • Opsomming van Wedstryde Gespeel
    • Wedstryd Tellings per Jaar >
      • Affies vs PBHS Geskiedenis
      • AHS VS PBHS Tellings 1988 - 2024
      • Affies vs Grey College - Geskiedenis
      • Affies vs Grey Tellings 1993 - 2024
      • A,B,C
      • D,E,F
      • G & H
      • J,K,L
      • M,N,O
      • P,Q,R
      • S,T,V
      • W & Z
  • Admin/Direkteurs/Beeld en Versekerbeker
    • Geskiedenis en Statistiek
    • Eerste Span Finale
    • 0/14, 0/15 & 0/16 Span Finale
  • N. Tvl en BB Finale + Super 12 &16
    • Eerste Span
    • 0/14, 0/15 en 0/16 Spanne
    • Super 12 & 16
  • Algemeen
    • Eerste Span Kapteins
    • Eerste Span Afrigters
    • Rugby Speler van die Jaar
    • Ondersteuning Groep
    • Eerste Rugby & Krieketspan Verteenwoordig
    • Ranglyste
    • Onderwysers Afrigters & Administrateurs
    • Algemene Punte Statistiek >
      • Wedstryd
      • Seisoen
      • Wittrui
  • Oud Affies
    • Nasionale Spanne >
      • Springbok Spelers
      • Ander Internasionale Spelers
      • Junior Springbokke, SA "A", SA xv
      • Suid Afrika – o/19, o/20, o/21 & o/23
      • Ander SA Spanne
    • Provinsiale Spanne >
      • Eerste OA wat Provinsiaal Speel
      • N. Tvl & Blou Bulle
      • Ander Provinsiale Spanne
    • OA Speel Oorsee >
      • Eerste OA wat oorsee speel
      • Spelers
    • Superugby en Pro 14
    • Toekennings
    • Administrateurs, Afrigters, Skeidsregters, Spandokters >
      • Administrateurs
      • Afrigters
      • Skeidsregters
      • Spandokters
    • Oud Affies Speel Provinsiaal + >
      • 2025
      • 2024
      • 2023
      • 2022
      • 2021
      • 2020
      • 2019
      • 2018
      • 2017
      • 2016
      • 2015
      • 2014
      • 2013
      • 2012
      • 2011
      • 2010
      • 2009
      • 2008
      • 2007
      • 2006
      • 2005
  • Foto Gallery
  • Bibliografie
E-mail Address

DIE "ADMIN BEKER" 1920 - 2023
INTERSKOLE TRANSVAAL BEKER (1920) TOT SDC NOORDVAAL CUP(2023)
DIE BEKERS/TROFEES WAT VOOR GESPEEL IS


Die naam van die kompetisie het oor die jare verander. Die naamsverandering het tot gevolg gehad dat die trofees wat oor die tyd gebruik is ook verander het. Hier volg die geskiedenis van die trofees wat gebruik is sedert 1920. Dit fokus hoofsaaklik op die 1e span kompetisie wat huidiglik(2023) bekend staan as die SDC Noordvaal Cup Afdeling 1 – Beker reeks.
​

1. INTERSKOLE TRANSVAALBEKER 1920 – 1921
  • ​ Die kompetisie word vir die eerste twee jaar gespeel sonder ‘n beker.
2. AG ROBERTSONBEKER 1922 – 1933
  • Na die kompetisie sy merk gemaak het in 1920 en ‘21 besluit die TRVU om die leiding te neem en ‘n infrastruktuur daar te stel waar skole meer georganiseerd teen mekaar kan meeding. Soos met enige kompetisie moes daar ‘n beker wees en het die TVRU die Administrateur van Transvaal, Mnr AG Robertson oorreed om ‘n beker te skenk. In 1922 skenk hy ‘n beker wat deur die silwersmede, Fuller en White gemaak is. Die beker is ongeveer 50 cm hoog met ‘n waarmerk van egte Engelse silwer. Die volgende woorde is op die beker gegraveer:
ADMINISTRATORS CUP
PRESENTED BY
THE HON: AG ROBERTSON
FOR THE
TRANSVAAL HIGH SCHOOLS RUGBY COMPETITION
Vanaf 1922 – 33 staan die kompetisie bekend as die AG Robertson beker.

3. ADMINISTRATEURSBEKER 1934 – 1981
  • ​Vanaf 1934 het die kompetisie amptelik bekend gestaan as die Adminstrateursbeker of soos baie mense daarna verwys het as die ‘’Adminbeker”. Nadat die beker baie lank in ‘n pakkamer van die Gautengse Direktoraat van Sport en Ontspanning in Pretoria gestaan het, is dit vandag in besit van Pretoria Boys High School wat daarop aanspraak maak dat hulle dit mag besit omdat die skool die eerste amptelike wenner van die beker was en boonop drie jaar agtereenvolgens die beker gewen het vanaf 1922 – 24. Die Adminbeker word bewaar in die Pretoria Boys High School museum.
Picture
​ 4. DIREKTEURSTROFEE 1982 – 1994
  •  In 1981 is weggedoen met die amp “Administrateur van Transvaal” en is besluit dat die Direkteur van Onderwys die beskermheer van die kompetisie moet wees. So is die kompetise na die Direkteurstrofee herdoop en die kompetisie het ‘n nuwe trofee gekry.
  • ‘n Soortgelyke trofee is ook ingestel vir elk van die ander sportsoorte soos tennis, atletiek, hokkie, netbal, krieket, ens. Die skole wat die onderskeie trofees in 1994 gewen het, het besit geneem van die onderskeie trofees. Die
  • Direkteurstrofee vir rugby is in die Afrikaanse Hoër Seunskool museum.
Picture
​5. BEELD TROFEE 1995 – 2006 
  • Met die politieke verandering en die toetrede van professionalisme tot rugby het dit die weg gebaan vir groot veranderinging op senior sowel as op skolevlak. Alhoewel daar sedert die 70’s ‘n paar borge betrokke was soos Coca Cola, Nedbank en Boland Bank is dit nooit aan die kompetisie se naam gekoppel nie.
  • 1995 - Beeld besluit om sy naam aan die skolerugbykompetisie te koppel en staan dit  bekend as die Beeldtrofee. Vanaf 1995 tot 1998 is daar onder die Beeldtrofee vaandel vir die oorspronklike Direkteurstrofee mee-geding.
  • 1996 - Vir die eerste keer word skole in twee kategorieë (Groot en Klein) opgedeel. Dit was gebasseer op die aantal kinders in ’n skool. Die doel was dat deelnemers mekaar op meer gelyke voet die stryd sou aansê. Die onderverdeling van skole sal in die jare wat kom nog verkeie kere aangepas word.
  • 1999 - 2001 Beeld skenk ‘n nuwe trofee vir Groot Skole wat tot 2006 gebruik sou word maar met ‘n paar stories daarby. 
Picture
  • 2000 – ‘n Derde afdeling vir mediumskole word gestig.
  • 2002 - ‘n Nuwe Beeld Trofee vir Groot Skole word gebruik. Dit blyk dat dit net ‘n plaasvervanger was vir die oorspronklike trofee wat of weggeraak het of beskadig was. Die plaasvervanger(2002) trofee het spoorloos verdwyn. Foto van plaasvervanger trofee hiernaas. AHS was die wenner daarvan in 2002. Die trofee is nie in die skool se Argief en verskyn ook nie soos die tradisie was op die 1e span, spanfoto nie?
Picture
  • 2003 - Die oorspronklike trofee is weer terug maar met ‘n nuwe voetstuk en word gebruik tot einde 2006.
Picture
6. BEELD TROFEE MAKRO SKOLE 2007 - 2008
  • 'n Vierde kategorie naamlik Makro-skole word bygevoeg en die kompetisie bestaan uit Makro, Groot, Medium en Klein skole.
  • 2007 - ‘n Nuwe trofee word gebruik vir Makro skole. Dit blyk ‘n tydelike reëling te wees en die nuwe trofee vir Makro skole word in 2008 toegeken. Die trofee hiernaas is net in 2007 gebruik.en kan net by Waterkloof wees?
Picture
  • 2008 – Die amptelike trofee (2007 en 08) vir Makro skole hiernaas word in 2008 deur HS Waterkloof gewen. Die trofee is in besit van HS Waterkloof.
Picture
  • Die Beeld trofee wat oorspronklik deur Beeld geskenk is, word behou vir die Groot Skole kategorie (2007 & ‘08) Die trofee word gewen in 2007 deur HS Ermelo en in 2008 deur HS Ben Vorster. Sien foto van HS Ben Vorster hieronder. Die trofee is nie by HS Ben Vorster nie. Die 1e span afrigter (Andre Hay) van 2008 bevestig dat die trofee terug getuur is aan die Noord Vaal Bestuur.
7. BEELD TROFEE MAKRO SKOLE 2009 - 2016 
  • Pennypinchers en Timbercity tree toe as medeborge van die reeks en ‘n nuwe trofee word voor gespeel vanaf 2009. Die laaste wenner van die trofee in 2016 was HS Garsfontein. Die trofee word in HS Garsfontein se Sportburo gehou. 
  • Wat opvallend is van die trofee is dat daar geen verwysing daarop is na Beeld nie. Die rede? Beeld se betrokkenheid by die kompetisie was as mediavennoot. Beeld het alle moontlike mediadekking vir die kompetisie gegee met die voorwaarde dat die naam behoue bly. Pennypinchers en Timberscity wat deel van die Steinhoff groep was het daartoe ingestem en daarom is die naam van die kompetisie uit ‘n historiese oogpunt behou en deur die onderskeie partye aanvaar. 

Picture
8. VIRSEKERBEKER 2017 - 2019
  • 2017 - Virseker is die nuwe borg van die “Adminbeker”. Die kompetisie word voortgesit in dieselfde vyf kategorieë. ‘n Nuwe trofee vir Makroskole word voor gespeel in 2017. Die trofee word gehou in HS Monument Varia.
Picture
  • 2018 – 19
    Die kompetisie word ge-herstruktureer vanaf 2018
  • Afdeling 1
    • Beker
    • Plaat
    • Skild
    • Bowl (Vanaf 2022)
  • Afdeling 2
  • Afdeling 3
  • Afdeling 4
  • Afdeling 5 (5a en 5b vanaf 2022)
    n Nuwe trofee vir die Virsekerbeker  Afdeling 1 – Beker reeks word gebruik vanaf 2018. Foto hiernaas.. Die trofee is deur HS        Menlopark in 2019 gewen en is by HS Menlopark.
Picture
​ 9. COVID19  2020 – 2021
  • Geen kompetisie agv van Covid-19

10. NOORDVAAL TROFEE 2022
 
  • Virseker onttrek aan die reeks. Met geen primêre borg staan die reeks bekend as die Noordvaal reeks. ‘n Hout Trofee word gemaak vir al die wenners van Afdeling 1 – 5. Al wat die die trofees van mekaar onderskei is die grafering op die trofee.(1e spanne?)
  • HS Monument was die eerste wenner van die  Noordvaal Trofee Afdeling 1 – Beker Reeks. Die trofee word gehou in Monument Varia.

Picture
​11. SDC NOORVAAL CUP 2023
  • 'n Nuwe borg van die reeks word bekom. The Skills Development Corporation(SDC).
  • Die reeks se naam verander na SDC Noordvaal Cup.
  • Garsfontein is die eerste wenner van die trofee en die trofee is huidiglik in die besit van HS Garsfontein.
Picture
12. ALGEMEEN
  • Wat het gebeur met die Beeld Trofee vir Groot Skole einde 1999? Gebreek of moontlik gesteel?
  • Rede vir ‘n nuwe trofee in 2002 en wat het geword van die trofee?
  • Wat het geword van die Groot Skole Trofee (Oorspronklike Beeld Trofee) wat HS Ben Vorster in 2008 gewen het?
  • Het Waterkloof die 2007 en ’08 trofee ontvang?
 
13. "ADMIN BEKER" GESKIEDENIS EN STATISTIEK

​


Proudly powered by Weebly