Saterdag word weer gekiedenis gemaak. Paarl Gim. sal die eerste Wes - Kaapse skool wees wat met al hulle spanne teen Affies speel in Pretoria. Ek wil my nek uitsteek en se dat Paarl Gim. die eerste Wes - Kaapse skool is wat met al hulle spanne speel teen ‘n skool Noord van die Vaal.
Die eerste keer wat ‘n skool Noord van die Vaal teen ‘n Kaapse skool gespeel het met al hulle spanne was in 2007 toe Affies met 23 spanne teen Paul Roos Gimnasium gespeel het op Stellenbosch.
Affies en HTS Daniel Pienaar (Uitenhage) het met al hulle spanne in 2009 en 2010 teen mekaar gespeel(tuis/weg)
In 1967 en 72 toer Affies Kaap toe en speel teen Paarl Gim. Paarl Gim. wen albei wedstryde
Die eerste keer wat Affies en Paarl Gim. teen mekaar speel in Pretoria was in 1973 met ‘n rugbyweek wat by Affies aangebied is. Paarl Gim. was een van 6 spanne wat deelgeneem het aan die week. Paarl Gim. wen 38 – 3.
In 1976 en 1979 toer Affies weer Kaap toe en speel teen Paarl Gim. Affies wen in '76 en Paarl Gim in '79.
Die twee spanne speel in 1999 weer teen mekaar in Pretoria op Loftus. Jean de Villiers was in die Paarl Gim. span met Fourie du Preez en Francois Swart in die Affie span. Affies wen 19 – 11.
Vanaf 2002 - 2015 speel die twee spanne teen mekaar op Paastoernooie en Wideklawer. Die eerste Wildeklawer toernooi is in 2009 op Paarl Gim. en Affies speel teen Paarl Gim. PG wen 22 - 16.
Saterdag is die 18e keer wat die twee skole teen mekaar speel sedert 1967.
- Opsomming
- Paarl Gim. wen 9
- Affies wen 6
- Gelykop 2
- Paarl Gim. wen 9
- Grootste punte verskil
- Paarl Gim 40 - 7 in 2014
- Affies 59 – 6 in 2011.
- Kleinste punte verskil
- Paarl Gim 22 – 16 in 2009
- Affies 24 - 20 in 2002
- Meeste punte in ‘n wedstryd - 68 in 2017.
***********************************************************************