Dit was die 7e keer wat die twee skole teen mekaar speel.
Die eerste keer was in 1985 met ‘n toer van die 1e span na die Wes Kaap waar Affies aan ‘n rugbyweek op Mosselbaai deelgeneem het. Oppad terug het Affies teen Outeniqua gespeel. Affies wen die wedstryd 6 – 3.
Die 1985 toerspan verskyn op die foto hieronder met Christo Potgieter (Marnus se Pa) in die 2e ry derde van links. Pierre Potgieter (kapt) sal saam met Johan Geringer van 1969 en 1970 bekend staan as die “Mnr drop” van Affies. Pierre het 7 skepskoppe in 1984 en 5 in 1985 deur die pale gesit vir die Witbulle. In totaal 12.
Johnny van Heerden het sy blokkies toer trui, ens. in 2016 aan die skool geskenk.
Die twee skole het nie voor 2004 weer teen mekaar gespeel nie. Vanaf 2004 is al die wedstryde gespeel gekoppel aan Paasnaweek en Wildeklawer toernooie.
Vir die tellings van die vorige jare kyk hier.
1. Wihan Bezuidenhout
2. Johan van Zyl (kapt)
3. James Combrinck
4. Michael de Waal
5. Jordan Swemmer
6. Carl Els
7. Jaco Labuschagne
8. Philip Potgieter
9. Johan Mulder
10. Regardt Roets
11. Ruben Meiring
12. Zach Briel
13. Heinrich Bisschoff
14. Ruan Wasserman
15. Charles Goedhals
WEDSTRYD:
Dit was met rukke en stote in die begin maar al beter hoe langer die wedsryd aangegaan het. Die uitstaande kenmerk was Affies se verdediging en Outeniqua se telling spreek vanself.
Groot geskrik met eers James Combrinck wat vroeg in die wedstryd beseer is en toe Charles Goedhals in die 2e helfte. My inligting is dat altwee reg behoort te wees vir die wedstryd teen Grey.
Dit was 'n nodige wen wat die spelers se selfvertroue 'n hupstoot gegee het vir die wedstryd teen Grey.
Die man van die wedstryd was Jaco Labuschagne.
Affies se wedstryd statistiek vir die seisoen tot op datum verskyn hier.
PLAASVERVANGERS
Al die reserwes het opgekom naamlik:
Dewald Donald, Janco Uys, Sarel Joubert, Marius Potgieter, Divhan du Preez, Jeandre du Pisanie, Ruan van Tonder, Steyn van der Spuy.
PUNTE:
AHS 34(20)
Driee - Charles Goedhals 2x, Carl Els, Ruan Wasserman, Rueben Meiring
Skoppe - Regardt Roets - 3x Doelskoppe, Strafskop
OUTENIQUA; 0(0)
ANDER SPANNE SE TELLINGS:
o/14A vs Paarl Boys - Verloor 7/10
o/15A vs Paarl Boys - Wen 24/7
o/16A vs Paarl Boys - Verloor 17/21
*********************************************************************************************
P Oosthuizen (o/kapt), Mnr W Thuynsma (Waarnemende Hoof), J Coetzee.
2e Ry: J Retief, J van Rooyen, C Potgieter, N Bredenkamp, F Hartman, A Myburgh, H Nel, J Alberts
3e Ry: J Beyers, E Kuhn, J Beukes, R le Roux, G Wessels, P du Plessis, A Malan.
4e Ry: A Gerber, M Nel, B Trichardt, J van Heerden, A Odendaal.
********************************************************************************************************************