SA RANGLYS VIR 1STE SPANNE
Sedert die instelling van die Top Twintig SA Skole ranglys in 1994 het Affies se 1ste span die posisies beklee soos op lys hieronder.
In die begin jare was dit slegs een persoon (Grant Moody) wat die ranglys gedoen het. Met die koms van Rugby 365 was dit ’n paneel van rugbykenners wat die ranglys bepaal het.
Die SuperSport ranglys in my opinie was seker die beste. Spanne was gegradeer en posisies op die ranglys is statisties bereken. Supersport het ongelukkig onder druk van Hoofde van skole opgehou daarmee in 2005.
Die Rugby 365 ranglys het baie kritiek uitgelok en tot gevolg gehad dat daar nou 'n hele paar ranglyste gedoen word. Die BHP (Boys High Pa) was statsities die mees aanvaarbare ranglys sedert 2010 tot en met 2019. Die 2022 ranglys posisie is die gemiddeld van 4 ranglyste wat beskikbaar is op die internet. Dit was heel eenvoudig met al vier ranglyste wat die Wit Bulle 4e op hulle ranglys geplaas het..
Ranglyste het meestal skole uitgesluit van oorsee maar sedert die World Schools Festival in 2018 sluit die meeste ranglyste die wedstryde gespeel teen oorsese spanne in.