N-TVL A & Cravenweek
Historiese inligting
Met die afstigting van N-Tvl uit Tvl in 1938, was daar net AHS, Pretoria Boys High School, CBC sowel as ander kleiner skole wat rugby gespeel het in Pretoria. Die N-Tvl Skole Rugbyvereniging het sy onstaan gehad in 1945. Geen inligting kon tot op datum bekom word van 'n N-Tvl skolespan wat gekies was voor 1945 nie.
- Eerste spelers van AHS wat gekies word vir 'n N-Tvl skolespan is P Bezuidenhout en P Terblanche in 1946.
- Leon Thom is die eerste speler wat 2 jaar vir die N-Tvl skolespan speel (1953 & 1954).
- Laurie Poole en JP van der Merwe speel in 1964 vir die N-Tvl skolespan in die eerste Cravenweek (foto van spanlys onderaan)
- Die wapen op die truie en baadjie was 'n Koedoekop vanaf 1964 - 1968 (foto onderaan). Vanaf 1969 is dit die bekende Barberton Daisy. Die skolespan het ook aanvanklik met 'n donkerblou trui en 'n wit broek gespeel soos onderaan die spanlysfoto vermeld word,
- Christo Potgieter is die enigste Affie-speler wat 3 jaar vir die N-Tvl skolespan speel (1988 - 1990).
- Die kaptein en o/kaptein van die volgende jare was beide spelers van Affies:
2002 - Derek K uü n en AB de Villiers
2003 - Pierre Spies en Schalk Wessels
2004 - Phillip Woest en Len Olivier
2015 - Eddie Fouche en Eduan Lubbe
2016 - Schalk Erasmus en Louritz van der Schyff
2024 - Janco Purchase en JD Hattingh
2025 - Ruben Groenewald en Stefan McDonald
- Die N-Tvl Cravenweekspan van 1991 met AHS onderwyser Poerie van Rooyen as die afrigter, wen die hoofwedstryd op die laaste dag van die week.
- Die kaptein van die Cravenweek, 0/18 Akademie en 0/16 Grant Khomo spanne is vir die eerste keer al drie vanaf Affies.
- Jare waar geen spelers van AHS vir die N-Tvl Skolespan of Cravenweekspan(ne) gekies is nie: 1946, 1948, 1962, 1965, 1967, 1977
Cravenweek rekords & toekenings
- 1997 - Tiaan Snyman, meeste punte op die week - 42
- 1998 - Tiaan Snyman, meeste punte op die week - 49 (verbeter die vorige rekord van 43). Sy totale aantal punte van 91 is waarskynlik tot op datum die meeste punte wat 'n speler in sy deelname aan die Cravenweek kon aanteken. Cameron Hufke het vir die Griekwas 90 punte aangeteken op die Cravenweek (2016 - 72 punte, 2015 - 18 punte)
- 1998 - Tiaan Snyman, Speler van die Week
- 2013 - RG Snyman, Langste speler op die week
- 2024 - Janco Purchase, Agterspeler van die week
- 2025 - Meeste spelers van Affies in Cravenweekspan: 12
Opsomming - tot en met die 2025 seisoen
319 Spelers: Cravenweek (sedert 1964)
377 Spelers: N-Tvl en Cravenweek (sedert 1946)
Bogenoemde totale sluit 57 spelers in wat vir meer as een jaar vir die skolespan gekies was wat die netto totaal op 320 individuele spelers te staan bring.
Spelers wat gekies was om aan die Cravenweek deel te neem maar a.g.v 'n besering die week misgeloop het ontvang erkenning.
377 Spelers: N-Tvl en Cravenweek (sedert 1946)
Bogenoemde totale sluit 57 spelers in wat vir meer as een jaar vir die skolespan gekies was wat die netto totaal op 320 individuele spelers te staan bring.
Spelers wat gekies was om aan die Cravenweek deel te neem maar a.g.v 'n besering die week misgeloop het ontvang erkenning.