AFFIES RUGBY
  • Tuis
  • Agtergrond
  • Blog
  • Seisoen
    • 2025 >
      • 1e Span Seisoen
      • Ander Spanne Tellings
      • 2025 Wedstryd Program
    • 2024 >
      • 1e Span Seisoen
      • Ander Spanne Tellings
      • 2024 Wedstrydprogram
      • 2024 Sewes Tellings
      • Noord Suid Bepalings
      • Noord Suid Tellings
    • 2023 >
      • 1e Span Seisoen
      • Ander Spanne Uitslae
      • Sewes Tellings
      • 2023 Wedstrydprogram
      • 2023 Noord/Suid Bepalings
      • 2023 Noord Suid Tellings
      • Afrigters
      • Oefentye
    • 2022 >
      • 2022 1e Span Seisoen
      • 2022 Ander Spanne UItslae
      • 2022 Sewes Tellings
      • Wedstrydprogram
      • Afrigters
    • 2021 >
      • 2021 1e Span Seisoen
      • 2021 Ander Spanne Uitslae
      • Wedstrydprogram
      • Afrigters
    • 2020 >
      • 2020 1e Span Seisoen Statistiek
      • 2020 Ander Spanne Uitslae
      • Wedstryd Program
      • Oefentye
    • 2019 >
      • 2019 1e Span Seisoen Statistiek
      • 2019 Ander Spanne Uitslae
      • 2019 Wedstryd Program
      • 2019 Afrigters
      • 2019 Oefentye
    • 2018 >
      • 2018 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2018 Ander Spanne Uitslae
      • 2018 Bepalings
      • AHS Afrigters 2018
    • 2017 >
      • 2017 Bepalings
      • 2017 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2017 Ander Spanne Uitslae
      • 2017 Velde en Oefentye
    • 2016 >
      • 2016 Bepalings
      • 2016 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2016 Ander Spanne Uitslae
    • 2015 >
      • 2015 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2015 Ander Spanne Uitslae
    • 2014 >
      • 2014 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2014 Ander Spanne Uitslae
    • 2013 >
      • 2013 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2013 Ander Spanne Uitslae
  • Geskiedenis
    • Het Jy Geweet?
    • Geskiedenis Eerste Span Kleredrag
    • Die naam Wit Bulle
    • Simbool van die Wit AHS - rugbytrui
    • Toere & Toernooie
    • Francois Swart 0/15 Toernooi
    • Wit Bulle " Comebacks"
    • AHS se Ierland Konneksie
    • Affies Skepskop Spesialiste
    • Driee om te Onthou
    • Tradisies
    • Koshuis vs Dorp
    • Affie Rugby en Covid - 19
    • Opsomming per Jaar >
      • 1921 - 1929
      • 1930 - 1939
      • 1940 - 1949
      • 1950 - 1959
      • 1960 - 1969
      • 1970 - 1979
      • 1980 - 1989
      • 1990 - 1999
      • 2000 - 2009
      • 2010 - 2019
      • 2020 - 2029
  • Eerste Span Spelers
    • Alfabetiese Lys 1921 tot op Datum
    • Broers
    • Pa en Seun
    • Oupa, Seun en Kleinseun
    • Oupa en Kleinseun
    • 50 Wedstryde +
    • 3 Jaar +
  • Skole Spanne Verteenwoordig
    • Nasionaal
    • SARU EPD Program
    • N.Tvl & BB Skole spelers
    • N.Tvl & BB o/18 Ontwikkeling
    • BB o/17 - 7's
    • NTvl & BB o/17 Ontwikkeling
    • BB o/16 Grant Khomo & Ontwikkeling
    • BB o/15 Ontwikkeling
    • Ander Skool Spanne
  • Skole teen Gespeel
    • Skole teen Gespeel - Alfabeties
    • Opsomming van Wedstryde Gespeel
    • Wedstryd Tellings per Jaar >
      • Affies vs PBHS Geskiedenis
      • AHS VS PBHS Tellings 1988 - 2024
      • Affies vs Grey College - Geskiedenis
      • Affies vs Grey Tellings 1993 - 2024
      • A,B,C
      • D,E,F
      • G & H
      • J,K,L
      • M,N,O
      • P,Q,R
      • S,T,V
      • W & Z
  • Admin/Direkteurs/Beeld en Versekerbeker
    • Geskiedenis en Statistiek
    • Eerste Span Finale
    • 0/14, 0/15 & 0/16 Span Finale
  • N. Tvl en BB Finale + Super 12 &16
    • Eerste Span
    • 0/14, 0/15 en 0/16 Spanne
    • Super 12 & 16
  • Algemeen
    • Eerste Span Kapteins
    • Eerste Span Afrigters
    • Rugby Speler van die Jaar
    • Ondersteuning Groep
    • Eerste Rugby & Krieketspan Verteenwoordig
    • Ranglyste
    • Onderwysers Afrigters & Administrateurs
    • Algemene Punte Statistiek >
      • Wedstryd
      • Seisoen
      • Wittrui
  • Oud Affies
    • Nasionale Spanne >
      • Springbok Spelers
      • Ander Internasionale Spelers
      • Junior Springbokke, SA "A", SA xv
      • Suid Afrika – o/19, o/20, o/21 & o/23
      • Ander SA Spanne
    • Provinsiale Spanne >
      • Eerste OA wat Provinsiaal Speel
      • N. Tvl & Blou Bulle
      • Ander Provinsiale Spanne
    • OA Speel Oorsee >
      • Eerste OA wat oorsee speel
      • Spelers
    • Superugby en Pro 14
    • Toekennings
    • Administrateurs, Afrigters, Skeidsregters, Spandokters >
      • Administrateurs
      • Afrigters
      • Skeidsregters
      • Spandokters
    • Oud Affies Speel Provinsiaal + >
      • 2025
      • 2024
      • 2023
      • 2022
      • 2021
      • 2020
      • 2019
      • 2018
      • 2017
      • 2016
      • 2015
      • 2014
      • 2013
      • 2012
      • 2011
      • 2010
      • 2009
      • 2008
      • 2007
      • 2006
      • 2005
  • Foto Gallery
  • Bibliografie
E-mail Address

EERSTE OUD AFFIE WAT PROVINSIAAL RUGBY SPEEL

Van tyd tot tyd land daar video’s in die AHS Argief met geen aanduiding wat daarop is.

In November 2018 kom ek op  ʼn video af in die AHS Argief sonder enige aanduiding wat daarop is. Ek kyk toe na die video op ‘n VHS speler. Dit is ʼn onderhoud met ʼn ouerige persoon wat heel waarskynlik ʼn Oud Affie is. Ek erken nie die stem van die persoon wat die vrae vra en wat nooit gewys word in die video.
​Ek sit regop halfpad deur die onderhoud toe die persoon noem dat hy vir die volgende spanne heelagter gespeel het:
  1. Affies se 1e span in 1932 en 33. Hy noem ook die Affie 1e span afrigters van 1932 en 33 naamlik Mnre. Naude en Geldenhuys
  2. NTvl o/19 Subunie, Diggers en Pretoria rugbyklub.
  3. Grens in 1940 en 41.
Waar begin ek soek na wie die persoon is? Ek stel vas dat net vier spelers in 1932 en 1933 vir die 1e span gespeel het. Van die vier het twee na voorspelers gelyk en die ander twee soos agterspelers  wat  heel voor op die 1933 eerstepan hieronder is .
Picture
​Ek besluit toe om te kyk op die Oud Affie databasis vir ʼn familie verbintenis van J van der Veen wat links in die voorste ry op sy, sy lê. Daar is toe ʼn hele paar Van der Veens op die databasis. Ek skat toe dat Herman vd Veen van 1964 heel moontlik sy seun kon gewees het. Ek skakel toe vir Herman en “Bingo” dit is sy Oom John wat in die 30’s aan Affies gematrikuleer het. Herman noem ook dat sy Pa en drie broers almal op Affies gematrikuleer het.
 

Picture
Herman (1964) het kontak met John se dogter en seun Hans. Binne 24 uur het ek bevestiging dat John vir Grens gespeel het en dat Hans ‘n Grens spanfoto het wat in 1941 teen OP gespeel het.
​
Picture
Hans bevestig dat hy die onderhoud met sy Pa gedoen het in 2005 op versoek van Dr Edwards. Sy Pa was toe 90 jaar oud. Nie 100% bevestig nie maar John was toe of die Oudste lewende Oud Affie of oudste Oud Affie 1e span speler?
Drie van die vier broers het vir die 1e span van Affies gespeel naamlik:John vd Veen (32,33), Wilhelm vd Veen (35,36), Leslie vd Veen (37,38) en Herman die oudste van die vier het in 1931 aan AHS gematrikuleer.
Picture

​Met my navrae oor John vd Veen vertel sy seun Hans die volgende oor hulle verbintenis met die Kango Grotte.

​Die Van der Veen familie het die plaas Grootkraal besit waarop die Kango Grotte is en het dit tot in die 1950's op 'n 50:50 winsdeling basis met die regering bedryf voordat die Oudtshoorn Munisipaliteit dit oorgeneem het.
Die oorspronklike plaas Grootkraal het in 1868 in die besit van die Van der Veen-familie gekom. Die oorspronklike plaas is later verdeel en die bekende kuierplaas en familie restaurant Wilgewandel is op ’n deel van die oorspronklike plaas geleë.

Hans van der Veen sê sy pa en oupa het dikwels vertel hoe hulle as kinders mense in die Kango Grotte ingeneem en die rol van gidse vertolk het. Dit was die dae voordat die Grotte as toerisme-attraksie ontwikkel is en mense met die hulp van kerse, fakkels, magnesiumlint en toue die Grotte ingeneem is. Hulle het selfs soms in die Grotte oornag.

Johan Snyman
2019

Picture
Proudly powered by Weebly