|
Seker “die” wedstryd van die 2025 Wildeklawer met die 1e spanne van Afrikaanse Hoër Seunskool en Paul Roos Gimnasium wat die hoofwedstryde speel na die offisiële opening seremonie van die toernooi.
Geen tuisveld voordeel vir een van die spanne nie d.w.s. die speelveld was gelyk! PRG se 1e span was onoorwonne sedert 2023. Dit was die 25 ste wedstryd sedert 1946 tussen die twee skole se 1e spanne. Tellings vir elke jaar WIT BULLE span vs PRG 15 - Lamond Baaitjies 14 - Joshua Gouws 13 - Estian Marx 12 - Petrus Rautenbach 11 - Divan Fourie 10 - Ruben Groenewald (K) 9 - Fourie Roberts 8 - Stefan McDonald 7 - Elwin Janse van Vuuren 6 - Luan Potgieter 5 - Christiaan de Wet 4 - Martin van Niekerk 3 - Deon Botes 2 - Bauke Swart 1 - Roal Kruger TRUI OORHANDIGING VOOR WEDTRYD:
Hannes Nagel vervang Deon Botes. WEDSTRYD Die tafel was gedek vir iets groots!! Natuurlik was daar groot verwagting van albei spanne se ondersteuners en wat ‘n stryd was dit nie! Witbulle neem vroeg die voortou na ‘n voorspeler drie deur Luan Potgieter. Wedstryd vol drama met die Witbulle wat halftyd voorloop met 20 – 10 en welverdien. Die 2e helfte sal onthou word toe dit begin reën het en die wedstryd gestop is weens die weersomstandighede wat weerlig ingesluit het. Die wedstryd is gestop met ongeveer 19 minute se speeltyd oor en die telling 20-13 in die Witbulle se guns. Die reël vir sport in die buitelug is dat dit die spel nie weer kan hervat voor 30 minute verloop het nie. Gelukkig het die weer opgeklaar en is die wedstryd na 30m hervat. Die reën en nat veld was in die guns van PRG wat sulke omstandighede gewoond is. Die Bulle se verdediging hou tot ‘n paar minute voor die einde toe PRG na die soveelste aanslag ‘n voorspeler drie druk maar nie kon vervyf nie! Telling 20 – 18 en einde niet!!! Met Affie Guts wat inskop verdedig die Witbulle hulle 2 punt voorsprong asof hulle lewens daarvan afhang. Met die telling 20 – 18 in die Wit Bulle se guns skop Ruben die bal uit na 'n skrum en die eindfluitjie blaas. Al wat Affie ondersteuner se hartklop keer terug na normaal en ’n groot sug van verligting!!! Geluk aan Ruben, sy 15 spanmaats en die Afrigters vir wat ek net kan beskryf as “JOB WELLDONE”. PUNTE AHS: 20(20) Driee: Luan Potgieter (2), Elwin Janse van Vuuren. Skoppe: Ruben Groenewald 1x Vervyfskop, 1x Strafskop PRG:18(10) Wit Bulle seisoen.
Morne McGrath
5/5/2025 11:12:31
Uitstekende vertoning van die Witbulle by Wildeklawer! Span groei van krag tot krag en glo hulle kan Grey College in Bloemfontein klop as hulle die wedstryd nie laat uitrafel nie en die senters+heelagter van Grey kan hokslaan! Comments are closed.
|