Die wedstryde daarna was met Paasnaweek, Wildeklawer en Noord/Suid toernooie. Dit was die 7e wedstryd sedert 2000 tussen die twee skole se 1e spanne. Elke jaar se tellings.
WIT BULLE span vs BOLAND LANDBOU
15 - Lamond Baaitjies
14 - Rikus Strydom
13 - Nicolaas Grobler
12 - Petrus Rautenbach
11 - Hugo Snyman
10 - Ruben Groenewald (K)
9 - Fourie Roberts
8 - Henlo Jordaan
7 - Elwin Janse van Vuuren
6 - Luan Potgieter
5 - Christiaan de Wet
4 - SE du Toit
3 - Hannes Nagel
2 - Charl Els
1 - Roal Kruger
TRUI OORHANDIGING VOOR WEDTRYD:
- Eugene Marx OA 1996. WB 1994,95,96. (Seun Estian het opgekom as reserwe. Estian het reeds 5 wedstryde in die beginspan gespeel)
- Geluk aan SE du Toit wat vandag die eerste keer in die begin span was en die bonus was dat hy ook 'n drie gedruk het!
- Speler van die wedstryd no. 5 Christiaan de Wet
- Zirk Meyer nog besig met sy rehabilitasie program.
RESERWES GEBRUIK
Divan Fourie, Joshua Gouws, Estian Marx en Stephan de Bruyn kom op as plaasvervangers.
WEDSTRYD
Almal was van die opinie dat die wen teen PRG dalk die Witbulle se ingesteldheid teen Boland Landbou sou beinvloed het?
Ja, dit het!! Met heelwat van die reserwes wat speel asook 'n paar onvoorsiene beserings skakel die Witbulle van die begin af oor in "overdrive"!!
Met halftyd telling op 33/10 in die Witbulle se guns, die finale telling van 74/14 en 12 driee word die Affie ondersteuners en toeskouers gewys dat die wen teen PRG nie "geluk" was nie.
Wel gedaan aan die spelers en die afrigtingspan. Dit was 'n plesier om te kyk!!! Gelukkig is die jaarprogram sodanig dat die volgende wedstryd teen GC eers oor 2 weke is.
PUNTE
AHS: 74(30)
Driee: Christiaan de Wet en Joshua Gouws 2 elk. Een elk vir - Luan Potgieter, Elwin Janse van Vuuren., SE du Toit, Divan Fourie, Fourie Roberts, Nicolaas Grobler, Lamond Baaitjies en Henlo Jordaan
Skoppe: Ruben Groenewald - 7 Vervyfskoppe,
BOLAND LANDBOU: 14(0)
Wit Bulle seisoen.