|
Dit was die 48ste keer wat die twee skole se 1e spanne teen mekaar speel sedert 1987. In die tyd word daar nie vanaf 2007 - 2011 teen mekaar gespeel nie.
In 2006 word daar 4 wedstryde teen mekaar gespeel. Die eerste en laaste keer wat dit in die geskiedenis van Affie rugby sal gebeur. Sal na die Boys High wedstryd 'n skrywe plaas oor meeste aantal wedstryde gespeel teen 'n skool (top 10), hoeveel keer daar meer as drie wedstryde in 'n jaar teen 'n skool gespeel is en hoekom? Die Wit Bulle was tot en met 2025 10 keer aan die verloor kant teen Waterkloof. Vir die historiese tellings sedert 1987 kyk hier. WITBULLE BEGIN VYFTIEN 15 - Lamond Baaitjies 14 - Joshua Gouws 13 - Nicolas Grobler 12 - Petrus Rautenbach 11 - Divan Fourie 10 - Ruben Groenewald (K) 9 - Zirk Meyer 8 - Janno Geyser 7 - Elwin Janse van Vuuren 6 - Luan Potgieter 5 - Christiaan de Wet 4 - Martin van Niekerk 3 - Hannes Nagel 2 - Charl Els 1 - Roal Kruger TRUI OORHANDIGING VOOR WEDSTRYD: Johan Roets - OA 1996 WB 1996. SPELERS: Stefan McDonald, Henlo Jordaan nie oorweeg agv beserings. Geluk aan Janno Geyser wat vir die eerste keer in die beginspan is!! RESERWES: Die volgende spelers het as reserwes opgekom - Bauke Swart, Deon Botes, Stefan de Bruyn en Khumo Manakana, WEDSTRYD: 2e Laaste wedstryd van die jaar. Die Wit Bulle loop gemaklik voor toe die halftyd fluitjie blaas. Telling 31 - 7. Ongelukkig het Waterkloof vir 'n groot gedeelte van die wedstryd met 14 man gespeel na 'n rooikaart beslissing! Met 10 driee en 7 doelskoppe loop die Wit Bulle van die veld na 70 minute met die telling 64 - 19 in hulle guns. Geluk aan Charl Els wat 'n driekuns behaal het. Dit was ongelukkig die laaste wedstryd wat Ruben(kapt) en Zirk(9) vir die 1e span speel agv die SA o/18 span wat volgende naweek in die o/18 Inrenasionale Toernooi in die Kaap speel. Mooi dag gewees vir Ruben en Zirk wat albei in hulle laaste wedstryd van die seisoen hulle eerste drie van die seisoen druk!!!!!! Die laaste wedstryd is heel gepas teen Pretoria Boys High wat die 120ste wedstryd sal wees wat die twee 1e spanne teen mekaar sal speel sedert 1923. PUNTE vs WATERKLOOF WIT BULLE: 64(31) DRIEE: Charl Els(3x), Lamond Baaitjies, Ivan Fourie, Christiaan de Wet, Zirk Meyer, Ruben Groenewald, Bauke Swart en Joshua Gouws. DOELSKOPPE: Ruben Groenewald 7x. WATERKLOOF:19 (7) WIT BULLE SEISOEN SOVER Comments are closed.
|