|
Dit was die 17e keer wat die twee skole se 1e spanne teen mekaar speel sedert 1997. Die Wit Bulle was net 2 keer aan die verloor kant. Een van die wedstryde is in 2017 gestop agv donder weer. KES was op daardie stadium voor gewees?
Vir die historiese tellings sedert 1997 kyk hier. WIT BULLE vs KES 15 - Lamond Baaitjies 14 - Joshua Gouws 13 - Estian Marx 12 - Petrus Rautenbach 11 - Divan Fourie 10 - Ruben Groenewald (K) 9 - Fourie Roberts 8 - Stefan McDonald 7 - Elwin Janse van Vuuren 6 - Luan Potgieter 5 - Christiaan de Wet 4 - Martin van Niekerk 3 - Deon Botes 2 - Bauke Swart 1 - Roal Kruger TRUI OORHANDIGING VOOR WEDTRYD: Jannes Kirsten. OA 2011. WB 2011 SPELERS: Geluk aan Dehan Botha wat opkom as reserwe en die Wiittrui vir die eerste keer oor die kop trek. Kersie op die koek is, dat hy ook 'n drie druk.. Zirk Meyer het herstel van sy besering en is op die reserwebank. Joshua en Estian ontvang hulle 1e span das met hulle 7e wedstryd in die beginspan. RESERWES: Zirk Meyer, Henlo Jordaan, Dehan Botha. WEDSTRYD Die seisoen is op die afdraande kant met nog net 4 wedstryde wat oorbly. Met gister se vertoning was dit duidelik dat die GC wedstryd iets van die verlede is en was daar 'n paar netjiese driee. Selfs met die halftyd telling 19-12 in die Bulle se guns het dit gevoel dit is net 'n kwessie van tyd. Met nog 8 driee wat daarop volg was die drie van Elwin een van daardie "onthou jy nog" driee. Dit was die 8ste keer wat 'n Wit Bul span daarin slaag om 11 driee in 'n wedstryd te druk. PUNTE AHS: 65(19) Driee: Twee elk: Christiaan de Wet en Fourie Roberts Een elk: Stefan McDonald, Bauke Swart, Dehan Botha, Estian Marx, Elwin Janse v Vuuren, Luan Potgieter en Joshua Gouws. Skoppe: Ruben Groenewald - 5 x vervyfskoppe. KES: 19(12) Wit Bulle seisoen. Comments are closed.
|