|
Dit was die 48 ste keer wat die twee skole se 1e spanne teen mekaar speel sedert 1923.
Kort opsomming van die Geskiedenis sedert 1923. Lees hier. Vir die historiese tellings van die 1e span per jaar kyk hier. Vir die tellings van al die spanne sedert 1993 kyk hier. WIT BULLE span vs GREY COLLEGE 15 - Lamond Baaitjies 14 - Joshua Gouws 13 - Estian Marx 12 - Petrus Rautenbach 11 - Divan Fourie 10 - Ruben Groenewald (K) 9 - Markus Kruger 8 - Stefan McDonald 7 - Elwin Janse van Vuuren 6 - Luan Potgieter 5 - Christiaan de Wet 4 - Martin van Niekerk 3 - Deon Botes 2 - Bauke Swart 1 - Roal Kruger TRUI OORHANDIGING VOOR WEDTRYD: Werner Vrey. OA 2024. WB 2023,24 SPELERS: Met Fourie Roberts wat siek word voor die wedstryd speel Markus sy 2e wedstryd vir die Witbulle in die beginspan. Zirk Meyer neem sy plek in op die reserwe bank. RESERWES: Zirk Meyer, Charl Els, Hannes Nagel en Stephan de Bruyn kom op as plaasvervangers. WEDSTRYD 'n Wedstryd van ASSE gewees en sal daar heelwat opinies wees oor wie dit die meeste verdien het om te wen of te verloor. Met die Witbulle gou voor met 10 - 0 het menige Affie ondersteuner 'n gevoel gehad dat ons die een gaan deurtrek. Halftyd is die Bulle ongelukkig 17-21 agter? Daarna het Grey nie weer teruggekyk nie en kon ons nie weer ons neus voorkry nie? Dit was die laaste van die GROOT 5 (PG, PBoys, PRG, GFontein en GC) en was dit 2,5 uit 5 gewees! Soos altyd staan ons Affie ondersteuners vierkantig agter die Bulle is ek seker dat ons die res van die seisoen met 'n voltal van 5 wenne kan afsluit!!! PUNTE AHS: 37(17) Driee: Een elk vir Lamond Baaitjies, Joshua Gouws, Charl Els, Stefan McDonald en Roal Kruger Skoppe: Ruben Groenewald - 2x vervyfskoppe, 1x strafskop en 1x skepskop GREY COLLEGE: 42(21) Wit Bulle seisoen.
Morne
5/19/2025 07:05:57
Dit was 'n ongelooflike wedstryd en die Affie manne het hulle alles gegee! 2 keer het ons lynstane op die aanval verloor en ons skrums het gesukkel. Comments are closed.
|