1. Die eerste ranglys verskyn in die SA Rugby Tydskrif in 1994.
2. Hieronder verskyn die ranglyste vanaf 1994 – 1998 soos gedoen deur Grant Moody in die SA Rugby Tydskrif van elke jaar. Dit was net eenmalig gedoen aan die einde van die seisoen. Ongelukkig het ek nie die publikasie van die 1994 tydskrif nie maar het wel die 1995 publikasie wat vewys na die 1994 ranglys posisies. Om die rede is daar oop spasie(in geel gemerk) van spanne wat nie op die 1995 ranglys verskyn nie.
3. Daar is ‘n aantal skole (in grys gemerk) wat nie meer naby die top 20 skole is in die afgelope paar jare nie. Skole soos EG Jansen, Outeniqua, Garsfontein, Westville, Centurion en Noord Kaap het eers later op die voorgrond getree.
4. Die oudste bestaande ranglys is die van Rugby 365 wat sedert 1999 bestaan.
5. SuperSport het ‘n statisties berekende ranglys begin in 2001 maar wat onder druk van Hoofde van skole gestop is in 2005.
6. Booishaaipa se ranglys bestaan sedert 2009 en alhoewel dit gesien word as die mees betroubaarste ranglys is dit nie die ranglys wat voorgehou word wanneer daaroor gesels word tydens wedstryde oor TV of in koerantberigte nie. Die FNB ranglys van Rugby 365 (reg of verkeerd) word meeste van die tyd aangehaal.
7. Ek het nie al die detail ranglyste gehou nie maar wel Affies se posisie op die ranglyste. Ek het nie die ranglyste in detail vir 1999 – 2003 en 2005.
8. Volgens die Rugby 365 ranglyste vanaf 2006 – 2012 is dit net Grey College, Affies en Waterkloof wat elke jaar onder die top 10 spanne was.
9. Sedert die onstaan van die ranglyste in 1994 is Affies die enigste skool wat elke jaar onder die top 10 verskyn het.
'n Opsomming van Affies se posisie op die ranglyste sedert 1994 kan gesien word deur hier te klik.
1. Gaan lees die kommentaar op Schoolboyrugby.co.za/blog/ nadat die weeklikse ranglys van Boishaaipa gepubliseer word en dit is nie snaaks as daar 'n 100+ persone daarop kommentaar gelewer het nie.
2. Seker een vandie belangrikste redes is dat al die spanne nie teen mekaar speel nie. Spanne eindig onoorwonne in 'n seisoen maar haal nie die top 10 haal op die ranglyste nie omdat die spanne nie teen van die sterk rugbyskole gespeel het nie.
3. Waar daar oorspronklik net 1 ranglys was is daar nou 5 ranglyste op verskillende webwerwe.
4. Die metode waarvolgens die lyste week na week bepaal word verskil en nie 2 ranglyste is dieselfde nie.
5. In beginsel moet ‘n ranglys om enige krediet waardigheid te hê gebasseer wees op dieselfde hoeveelheid wedstryde en die korrekte tellings. Al manier hoe dit bevestig kan word is as dit gepubliseer word saam met die ranglyste. Net een van die gepubliseerde ranglyste wys die aantal wedstryde gespeel tot op datum. Daar is egter geen verwysing of skakel na die tellings per wedstryd nie.
6.Twee van die huidige ranglyste(Onder andere Boishaaipa se ranglys) maak gebruik van ‘n statistiese berekening wat uiteindelik kristalliseer in ‘n punte totaal wat gebruik word om die spanne in ‘n rangorde te plaas. Tensy die detail berekenings nie ook gepubliseer word nie kan nie eers die 2 statistiese ranglyste op ‘n logiese wyse met mekaar vergelyk word nie.
7. Een van die ander ranglyste sal byvoorbeeld skole wat nie die laaste 3 weke gespeel het nie afskuif op hulle ranglys. Die spesifieke ranglys word aan die einde van die seisoen hersien en ‘n finale ranglys word dan gepubliseer.
8. As die 5 ranglyste van 2013 tot en met 11 Junie 2013 gekombineer word is die top 10 spanne van 2013 soos per die tabel hieronder.