Daar word Woensdag, 19 Februarie 2014, `n roudiens vir Pierre in die NG Kerk Villieria (hoek van Ben Swartstraat en 30ste laan) gehou. Die diens neem om 10:30 `n aanvang.
1984 -1e Span
Deel die Admin. Beker met Monument
Teken 180 punte aan wat 7 skepskoppe insluit (11e meeste punte van alle tye in ‘n seisoen)
Teken 22 punte aan teen Menlopark
1985 -1e Span
Kaptein
Wen die Admin. Beker teen Hugenote Springs
Teken 158 punte aan wat 5 skepskoppe insluit (15e meeste punte van alle tye in ‘n seisoen)
In die drie jaar wat Pierre vir die 1e span speel teken hy 351 punte aan. Dit plaas hom 4e op die lys van alle tye van punte aangeteken in die wittrui.
Pierre en sy broer Christo (1988 – 1990) is die enigste twee broers wat 3 jaar vir die 1e span gespeel het.
Die fotos van links na regs is Pierre op die spanfotos van 1983 – 1985.