Menlopark het sy ontstaan in 1963 met std 6, 7 en 8 leerlinge. Meeste van die leerlinge was seuns en dogters wat in 1962 in AHMP of AHS skool was in std. 6 en 7. Ek verstaan dat die skoolgrens was Duncan Straat en alle of toekomstige leerlinge wat aan die Ooste kant daarvan gewoon het in daardie jare moes Menlopark toe gaan. Daar was geen keuse nie en die grenslyn is streng toegepas.
Affies speel wel teen Menlo in 2006 maar dit is agv die BB proewe wat hulle geforseer was om teen mekaar te speel. Geen ander spanne het teen Menlo gespeel nie. ‘n Paar jaar gelede was daar sprake dat die 2 skole teenmekaar sou speel. Die wedstryd het nie gematerialiseer nie.
Affies en Menlo speel weer teenmekaar in 2014 agv Affies se “deelname” aan die BB been van die Beeld Trofee. Soos almal weet sal Affies nie kwalifiseer vir enige van die uitspeel wedstryde vir die Beeld Trofee nie.
Indien Affies wel verder sou deelneem aan die Beeld Trofee sal die wedstryde wat geskeduleer is in die 3e termyn nie plaasvind nie. Dit sal ook tot gevolg he dat net die 1e en A spanne verder sal rugby speel in die 3e termyn.
Wedstryde teen Menlo was oor die jare baie kompeterend en die tellings in die jare 1985, 89, 90 en 91 is voorbeelde daarvan. Die 2 skole speel 38 keer teen mekaar sedert 1965. Affies was 29 keer aan die wenkant en Menlo 9 keer. Sien details van tellings oor die jare deur hier te klik.
In 1985 druk Christo Potgieter die wen drie in die laaste minuut van die kwarteind van die N.Tvl uitspeel teen Menlo in die Appelkas hoek van die A -veld en van daar die naam "Pottie's Corner". In 1989 met ‘n minuut se speeltyd oor en ‘n ontasbare veggees, druk Jan-Lodewyk Pretorius (kapt) die wendrie in die N.Tvl-finaal teen Menlo Park van ‘n beweging wat in AHS se eie kwartgebied begin het.
Agv die huidige reën weer is daar nog geen proewe gehou op Affies nie (ook nie vanmiddag nie). My persoonlike opinie is dat ek nie kan sien dat die wedstryde teen Menlo eerskomende Saterdag gaan plaasvind nie. Enige nuus in die verband sal sodra dit beskikbaar is op die Blog geplaas word.