
Johan Geringer of Geries soos hy bekend gestaan het is vanoggend oorlede na 'n beroerte. Hy was een van die top sportseuns van sy tyd en hier volg 'n kort huldeblyk:
Krieket
1e Krieketspan – 1969/70
Atletiek
1970 Interhoër en Interbond span.
Rugby
1e Rugbyspan – 1969/70
Lid van die 1e span wat die Administrateursbeker
wen in 1970.
NTvl Craven Week
Geries het ‘n fenominale aftrap gehad en party ondersteuners het hom “twinkle toes” genoem. Hy kon met albei voete skop en drop. Sy skop prestasies is behaal in die tyd toe spelers die bal pale toe geskop het met die voorpunt van hulle toks..
Hy teken 179 punte in die 1970 seisoen aan wat die 12de meeste is op die lys van alle tye en 282 punte in die wittrui wat die 8ste meeste is van alle tye.
In sy 5 jaar op Affies teken hy in totaal 663 punte aan.
Geries en sy seun Johan is een van 18 pa/seun kombinasies wat vir die 1e span speel. Sy seun Johan speel vir die 1e span in 1990/91/&92.
***************************************************************************************************