Hieronder verskyn 'n opsomming van die finale 2013 ranglyste wat op verskillende webwerwe gepubliseer is asook 'n gekombineerde ranglys.
Elke ondersteuner sal sy redes gee hoekom hy of sy 'n sekere ranglys meer aanvaarbaar vind as die ander. Dit is duidelik dat daar redelik konsensus is oor die top 5/6 posisies.
Daar is net 13 skole wat op die gekombineerde ranglys gelys word. Skole wat nie op 1 van die 5 ranglyste se top 20 spanne verskyn nie is nie “gerank” nie want dan moet daar aannames gemaak word om hulle te akkommodeer.
Opsomming:
Noord van die Vaal - 7
Kaap - 4
Vrystaat - 1
Natal - 1
Op die gekombineerde ranglys is Affies en Paarl Gim. saam nommer 1 vir 2013!