
Fep was sedert 1999 'n onderwyser en rugby afrigter by Affies gewees. Sy betrokkenheid by rugby is legio veral die grondwerk wat hy gedoen het by junior spanne. So was Fep vanjaar nog betrokke as afrigter by die o/14A span.
Fep het in 2008 en 09 die 1e span afgerig saam met Jan Grabe. Die foto hier langsaan is waar hy op die 2009 1e span foto sit.
As ek aan Fep dink dan sien ek hom langs die veld met sy pyp in die hand!! Ons groet jou Fep. Jou passie vir rugby sal altyd onthou word.
My innige simpatie aan Fep se Vrou en kinders met julle groot verlies.
*********************************************************************************************