George Claassen (Wynand se Pa) wat onlangs oorlede is, was in 1933 in matriek op AHS. Omdat hy op 16 jarige ouderdom in 1933 gematrikuleer het, het hy nie vir die AHS 1e span rugby gespeel nie. Hy het na skool 3 jaar vir Tukkies se o/19 span gespeel. In 1969 was hy ook die 1e Voorsitter van die nuut gestigte Suid Oos Tvl Hoërskole Rugby Unie wat later bekend staan as die Mpumalanga Hoërskole Rugby Unie.
Hennie Erasmus wat vir jare die President van die SO Tvl en Mpumalanga Rugby Unie was is 'n Oud Affie en het in 1949/50 vir die 1e Span gespeel.
Die twee Oud Affie broers Dirkie (92/93/94) en Alec (90/91) Strydom is by HTS Middelburg, waar hulle betrokke is by rugby afrigting van skool spanne en ook die Pumas se o/18 Akademie en o/16 Grant Khomo spanne.
Vir meer inligting oor Oud Affies en hulle betrokkenheid by rugby in 'n Administrateurs/Afrigting/Skeidsregter hoedanigheid kyk hier.
*********************************************************************************************