'n Kort opsomming van die geskiedenis is hier besikbaar.
Uitslae van die 120 wedsryde gespeel deur die eerste spanne vanaf 1923 kan hier gekry word.
Tenspyte daarvan dat Affies die dag oorheers veral in die afgelope paar jare is dit die grootste samekoms van twee skole in Pretoria. Die aantal toeskouers is 'n refleksie van die onderskeie skole se ondersteuners wat hulle spanne ondersteun deur dik en dun!!!
BEGIN VYFTIEN
15 - Divan Fourie
14 - Joshua Gouws
13 - Nicolas Grobler
12 - Petrus Rautenbach
11 - Estian Marx
10 - Lamond Baaitjies
9 - Fourie Roberts
8 - Henlo Jordaan
7 - Elwin Janse van Vuuren
6 - Luan Potgieter
5 - Christiaan de Wet (K)
4 - Martin van Niekerk
3 - Hannes Nagel
2 - Bauke Swart
1 - Roal Kruger
TRUI OORHANDIGING VOOR WEDSTRYD:
Rynhardt Ludwig. OA 2020. Hoofseun. WB 2019,20(Kapt)
SPELERS:
Ongelukkig was van die veranderings aan die span noodgedwonge agv die spelers wat oor die naweek aan die Internasionale o/18 toernooi in die Kaap deelgeneem het nl. Ruben Groenewald(k), Zirk Meyer en Deon Botes
RESERWES:
Stefan de Bruyn, Khumo Manakana, Dehan Botha, Markus Kruger en SE du Toit.
WEDSTRYD:
Na die 2e span wedstryd het menige Affie ondersteuner gedink dat die 1e span wedstryd 'n "walk in the park" sou gewees het.??
BH teken die eerste punte aan en die Bulle moes hard spook om die "Candies" van hulle doellyn weg te hou in die 1e helfte!
Die halftyd telling van 22 - 7 in die guns van die Witbulle was nie 'n ware refleksie van wat op die veld gebeur het nie. Gee Boys High krediet vir hulle hegte verdediging.
Die Bulle het na die draai stadig maar seker die telbord laat bly gesels. Die filosofie dat dit die beste is om die 2e helfte te speel van Noord na Suid met die wind van agter, son in jou teenstander se oe plus 'n sgevoel dat dit afdraande is van Noord na Suid. was gereflekteer op die telbord!!!!!
Die telling van 41- 12 was welverdiend en geluk aam die Wit Bulle van 2025 wat 'n uitstaande jaar beleef het.
....en toe is dit die einde van rugby vir die matrieks van 2025. 'n Eerste vir die matrieks van Affies was dat die G12's van AHS die Witbul op die veld begelei het voor die hoofwedstryd.
Matrieks en hulle ouers mag maar 'n traan of twee gepik het aan die einde van die hoofwedstryd.!!!
PUNTE
WIT BULLE: 41(22)
DRIEE: Estian Marx(2x), Luan Potgieter, Christiaan de Wet, Bauke Swart, Elwin Janse van Vuuren en Joshua Gouws.
DOELSKOPPE: Lamond Baaitjies 3x.
PBHS:12 (7)
WIT BULLE SEISOEN
RSS Feed