AFFIES RUGBY
  • Tuis
  • Agtergrond
  • Blog
  • Seisoen
    • 2025 >
      • 1e Span Seisoen
      • Ander Spanne Tellings
      • 2025 Wedstryd Program
    • 2024 >
      • 1e Span Seisoen
      • Ander Spanne Tellings
      • 2024 Wedstrydprogram
      • 2024 Sewes Tellings
      • Noord Suid Bepalings
      • Noord Suid Tellings
    • 2023 >
      • 1e Span Seisoen
      • Ander Spanne Uitslae
      • Sewes Tellings
      • 2023 Wedstrydprogram
      • Afrigters
      • Oefentye
    • 2022 >
      • 2022 1e Span Seisoen
      • 2022 Ander Spanne UItslae
      • 2022 Sewes Tellings
      • Wedstrydprogram
      • Afrigters
    • 2021 >
      • 2021 1e Span Seisoen
      • 2021 Ander Spanne Uitslae
      • Wedstrydprogram
      • Afrigters
    • 2020 >
      • 2020 1e Span Seisoen Statistiek
      • 2020 Ander Spanne Uitslae
      • Wedstryd Program
      • Oefentye
    • 2019 >
      • 2019 1e Span Seisoen Statistiek
      • 2019 Ander Spanne Uitslae
      • 2019 Wedstryd Program
      • 2019 Afrigters
      • 2019 Oefentye
    • 2018 >
      • 2018 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2018 Ander Spanne Uitslae
      • 2018 Bepalings
      • AHS Afrigters 2018
    • 2017 >
      • 2017 Bepalings
      • 2017 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2017 Ander Spanne Uitslae
      • 2017 Velde en Oefentye
    • 2016 >
      • 2016 Bepalings
      • 2016 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2016 Ander Spanne Uitslae
    • 2015 >
      • 2015 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2015 Ander Spanne Uitslae
    • 2014 >
      • 2014 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2014 Ander Spanne Uitslae
    • 2013 >
      • 2013 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2013 Ander Spanne Uitslae
  • Geskiedenis
    • Het Jy Geweet?
    • Geskiedenis Eerste Span Kleredrag
    • Die naam Wit Bulle
    • Simbool van die Wit AHS - rugbytrui
    • Toere & Toernooie
    • Francois Swart 0/15 Toernooi
    • Wit Bulle " Comebacks"
    • AHS se Ierland Konneksie
    • Affies Skepskop Spesialiste
    • Driee om te Onthou
    • Tradisies
    • Koshuis vs Dorp
    • Affie Rugby en Covid - 19
    • Opsomming per Jaar >
      • 1921 - 1929
      • 1930 - 1939
      • 1940 - 1949
      • 1950 - 1959
      • 1960 - 1969
      • 1970 - 1979
      • 1980 - 1989
      • 1990 - 1999
      • 2000 - 2009
      • 2010 - 2019
      • 2020 - 2029
  • Eerste Span Spelers
    • Alfabetiese Lys 1921 tot op Datum
    • Broers
    • Pa en Seun
    • Oupa, Seun en Kleinseun
    • Oupa en Kleinseun
    • 50 Wedstryde +
    • 3 Jaar +
  • Skole Spanne Verteenwoordig
    • Nasionaal
    • SARU EPD Program
    • N.Tvl & BB Skole spelers
    • N.Tvl & BB o/18 Ontwikkeling
    • BB o/17 - 7's
    • NTvl & BB o/17 Ontwikkeling
    • BB o/16 Grant Khomo & Ontwikkeling
    • BB o/15 Ontwikkeling
    • Ander Skool Spanne
  • Skole teen Gespeel
    • Skole teen Gespeel - Alfabeties
    • Opsomming van Wedstryde Gespeel
    • Wedstryd Tellings per Jaar >
      • Affies vs PBHS Geskiedenis
      • AHS VS PBHS Tellings 1988 - 2024
      • Affies vs Grey College - Geskiedenis
      • Affies vs Grey Tellings 1993 - 2024
      • A,B,C
      • D,E,F
      • G & H
      • J,K,L
      • M,N,O
      • P,Q,R
      • S,T,V
      • W & Z
  • Admin/Direkteurs/Beeld en Versekerbeker
    • Geskiedenis en Statistiek
    • Eerste Span Finale
    • 0/14, 0/15 & 0/16 Span Finale
  • N. Tvl en BB Finale + Super 12 &16
    • Eerste Span
    • 0/14, 0/15 en 0/16 Spanne
    • Super 12 & 16
  • Algemeen
    • Eerste Span Kapteins
    • Eerste Span Afrigters
    • Rugby Speler van die Jaar
    • Ondersteuning Groep
    • Eerste Rugby & Krieketspan Verteenwoordig
    • Ranglyste
    • Onderwysers Afrigters & Administrateurs
    • Algemene Punte Statistiek >
      • Wedstryd
      • Seisoen
      • Wittrui
  • Oud Affies
    • Nasionale Spanne >
      • Springbok Spelers
      • Ander Internasionale Spelers
      • Junior Springbokke, SA "A", SA xv
      • Suid Afrika – o/19, o/20, o/21 & o/23
      • Ander SA Spanne
    • Provinsiale Spanne >
      • Eerste OA wat Provinsiaal Speel
      • N. Tvl & Blou Bulle
      • Ander Provinsiale Spanne
    • OA Speel Oorsee >
      • Eerste OA wat oorsee speel
      • Spelers
    • Superugby en Pro 14
    • Toekennings
    • Administrateurs, Afrigters, Skeidsregters, Spandokters >
      • Administrateurs
      • Afrigters
      • Skeidsregters
      • Spandokters
    • Oud Affies Speel Provinsiaal + >
      • 2025
      • 2024
      • 2023
      • 2022
      • 2021
      • 2020
      • 2019
      • 2018
      • 2017
      • 2016
      • 2015
      • 2014
      • 2013
      • 2012
      • 2011
      • 2010
      • 2009
      • 2008
      • 2007
      • 2006
      • 2005
  • Foto Gallery
  • Bibliografie
E-mail Address

AHS WIT BULLE vs GARSFONTEIN BERE

4/26/2025

 
Soos dit elke jaar is post die covid 19 era was daar heelwat bespiegeling oor die 1e span wedstryd se uitslag. Dit is nou geskiedenis dat die Wit Bulle gewen het.

Die ander spanne het ook almal gewen. Tellings.

Die stand van sake sedert die twee skole die eerste keer teen mekaar gespeel het in 1993  is:
Wedsryde gespeel  - 9
Wit Bulle  wen - 7
Garsfontein  wen - 2

​Detail Tellings

​
​W
IT BULLE SPAN vs Garsfontein BERE

15 - Lamond Baaitjies
14 - Joshua Gouws
13 - Estian Marx
12 - Petrus Rautenbach
11 - Divan Fourie
10 - Ruben Groenewald (K)
  9 - Fourie Roberts
  8 - Stefan McDonald
  7 - Elwin Janse van Vuuren
  6 - Luan Potgieter
  5 - Christiaan de Wet
  4 - Martin van Niekerk
  3 - Deon Botes
  2 - Bauke Swart
  1 - Roal Kruger


TRUI OORHANDIGING VOOR WEDTRYD:
  • Dillon Smith. OA 2021. Hoofseun. WB 2020,21.
SPELERS
  • Albert Smit besering sodanig dat hy nie weer die seisoen sal speel nie.
  • Zirk Meyer nog besig met rehabilitasie program.
  • Nicolas Grobler het herstel van sy besering.

RESERWES GEBRUIK
Hannes Nagel vervang Deon Botes.

WEDSTRYD
,Dit was soos verwag word 'n titaniese stryd vanaf die afskop.

Dit het sy momente gehad en soos ons nou al weet is 'n rugbybal nie rond nie. Dit het driee tot gevolg gehad wat kan beskou word as "geluk".na albei kante toe.

Met die halftyd telling 17 - 7 in die Wit Bulle se guns was die wedstryd alles behalwe gewen.

3 Geel kaarte vir die Bulle het dit ook nie makliker gemaak nie en met slegs 13 spelers op 'n stadium op die veld het "Affie Guts" ingeskop. Toe die eidfluitjie  blaas was Bulle wel verdiende wenners.

Dankie aan HS Garsfontein vir 'n dag van kompeterende rugby!!!!!!


PUNTE
​

AHS: 41(17)
​
Driee: Elwin Janse van Vuuren 2x, Luan Potgieter, Joshua Gouws, Roal Kruger en Stefan McDonald.

Skoppe: Ruben Groenewald 4x Vervyfskoppe, 1x Strafskop 


​GARSFONTEIN:25(6)

Wit Bulle seisoen.

​​

AHS VS SELBORNE COLLEGE 21 APRIL 2025

4/18/2025

 
.Skool is in Oos Londen en het ongeveer 800 leerders waarvan 75 in ‘n koshuis is.
Selborne College was founded in 1872 by Pastor Heinrich Muller, a German settler. The school was then known as the Panmure Public School. Die skool se naam verander in 1907 na Selborne College.
Die Wit Bulle speel teen Selborne se 1e span vir die eerste keer in 1996 tydens die St. Stithians Easter Rugby Festival. Dit is die 12e keer wees wat die twee spanne teen mekaar speel. Elke keer tydens ‘n Paasnaweek toernooi.
 
Die stand van sake na vandag is::
  • Wit Bulle 8, Selborne C. 4 gewen. Wedstrydtellings.

​WIT BULLE vs SELBORNE COLLEGE 1e SPAN 

15 - Lamond Baaitjies
14 - Hugo Snyman
13 - Estian Marx
12 - Petrus Rautenbach
11 - Joshua Gouws
10 - Ruben Groenewald (K)
  9 - Fourie Roberts
  8 - Henlo Jordaan
  7 - Elwin Janse van Vuuren
  6 - Luan Potgieter
  5 - Christiaan de Wet
  4 - Martin van Niekerk
  3 - Hannes Nagel
  2 - Charl Els 
  1 - Stephan de Bruyn

Geluk aan Henlo Jordaan, Hannes Nagel, Martin van Niekerk, Charl Els en Stephan de Bruyn
wat vir die eerste keer in die beginspan is. 

TRUI OORHANDIGING VOOR WEDTRYD:
  • JD Hattingh OA 2024 WB 2023,2024
SPELERS
  • Albert Smit sal 'n spesialis sien in die week wat kom oor sy knie besering.
  • Nicolaas Grobler en Zirk Meyer nog besig met hulle rehabilitasie program.

RESERWES GEBRUIK
Die volgende spelers het opgekom as reserwes: Stefan McDonald, Bauke Swart, Divan Fourie, ,Markus Kruger en SE du Toit.. Geluk aan Markus en SE wat vir die eerste keer die Wittrui oor die kop trek.

WEDSTRYD
,Soos verwag was dit 'n wedstryd van 2 helftes met die reserwes wat opgekom het en almal 'n speelkans moes kry itv. die Toernooi reels.

'n Paar mooi driee gesien met Elwin se drie vanaf die halflyn die beste van die dag.
Hy ontvang die bal op die halflyn. Hardloop en systap sy pad oop en druk hy soos 'n wafferse senter net regs van die pale. Verseker een van die driee van die seisoen sover..

PUNTE
​

AHS: 57(38)
​
Driee: 2x Estian Marx en Martin van Niekerk. 1x Elk vir Charl Else, Elvin Janse van Vuuren, Luan Potgieter, Joshua Gouws en Hannes Nagel.

Skoppe: Ruben Groenewald 4x Vervyfskoppe en Lamond Baaitjies 2x Vervyfskoppe.


​SELBORNE:19(5)

Wit Bulle seisoen.

​​

AHS vs NOORDHEUWEL - 19 April 2025

4/18/2025

 
HS Noordheuwel het sy deure oopgemaak in 1981 en is  45 jaar oud in 2025.

Dit sal die eerste keer wees dat die twee skole se eerste spanne teen mekaar speel.
In die laaste 10 – 15 jaar het heelwat wedstryde plaasgevind tussen ander spanne van die twee skole op toernooie in die April Skoolvakansies.

Noordheuwel is volgens die Internet een van die grootste Afrikaanssprekende skole in SA met ongeveer 2500 leerders!

'n Paar
reëls wat die toernooi aan betref:
  • 30 Minute aan 'n kant geen ekstra tyd vir beserings.
  • 5 Minute halftyd
  • "Rolling subs" 
  • Al 23 spelers in die groep moet minstens 60 minute rugby speel in die twee wedstryde saam.

​WIT BULLE vs NOORDHEUWEL 1e SPAN 

15 - Lamond Baaitjies
14 - Joshua Gouws
13 - Estian Marx
12 - Petrus Rautenbach
11 - Rikus Strydom
10 - Ruben Groenewald (K)
  9 - Fourie Roberts
  8 - Stefan McDonald
  7 - Albert Smit
  6 - Luan Potgieter
  5 - Elwin Janse van Vuuren
  4 - Christiaan de Wet
  3 - Deon Botes
  2 - Bauke Swart
  1 - Roal Krüger

TRUI OORHANDIGING VOOR WEDTRYD:
  • Afrigters van die Witbulle

SPELERS
  • Dieselfde 15 tal draf op die veld as teen Paarl Gim. MJ de Jager van die Groen Tiere wat al 5 keer vir die Wit Bulle opgekom het as reserwe se vinger is gebreek. Word in die week wat kom geoppereer en sal uit wees vir die res van die seisoen. Markus Kruger neem sy plek in op die reserwe bank.
  • Nicolaas Grobler en Divan Fourie sal heelwaarskynlik oorweeg kan word vir die wedstryd teen Garsfontein.
  • Zirk Meyer is nog besig met sy rehabilitasie program
  • Albert Smit het sy knie beseer teen Noordheuwel en 'n besoek aan 'n spesialis in die week wat kom sal meer duidelikheid gee oor die aard van sy besering.

RESERWES GEBRUIK
  • 6 Reserwes is gebruik. Al 6 het in een of meer van die vorige 5 wedstryde opgekom as reserwe.

WEDSTRYD
Soos verwag was dit 'n lekker taai wedstryd teen Noordheuwel gewees. NH is sommer vroeg in die 1e helfte  voor na 'n strafskop. Na 'n drie deur Fourie Roberts  loop die Wit Bulle voor. 'n Posisie wat hulle nie prys gee tot die eindfluitjie blaas en die Wit Bulle van die veld stap as die wenners telling AHS 45 Noordheuewel 27

AHS : 45(26)
PUNTE:
  • Driee - 2 Elk vir  Stefan McDonald, Fourie Roberts en Joshua Gouws
​                    - 1x Bauke Swart
  • Skoppe - 5 x Doelskoppe Ruan Groenewald

​NOORDHEUWEL: 27(15)

Wit Bulle seisoen.

​

AHS vs PAARL GIMNASIUM - 12 APRIL 2025

4/9/2025

 
​Die twee skole speel vir die eerste keer teen mekaar in 1967 met 'n toer van die Wit Bulle na die Kaap.. PG wen 0 -14.

Sedert 2017 speel die twee skole teen mekaar op 'n tuis en weg basis. Dit sluit ook ander sportsoorte in.
In 2025 is daar 537 leerders en afrgters wat aan die Interskole deelneem in die Paarl met die HOOFDIS die wedstryde tussen die twee skole se 1e rugbyspanne.

Sedert 2017 is dit  die 7e jaar wat die Interskole plaasvind met die uitsondering van die twee Covid 19 jare.

Sedert 1967 is dit die 23ste keer wat die twee skole se 1e rugbyspanne teen mekaar speel met die skaal wat hoog gelaai is in die guns van PG met 13 wedstryde gewen, Wit Bulle 7 en 3 gelykop. 


Vir die tellings van wedstryde gespeel sedert 1967 kyk hier.

WIT BULLE vs PAARL GIMNASIUM 1e SPAN

15 - Lamond Baaitjies
14 - Joshua Gouws
13 - Estian Marx
12 - Petrus Rautenbach
11 - Rikus Strydom
10 - Ruben Groenewald (K)
  9 - Fourie Roberts
  8 - Stefan McDonald
  7 - Albert Smit
  6 - Luan Potgieter
  5 - Elwin Janse van Vuuren
  4 - Christiaan de Wet
  3 - Deon Botes
  2 - Bauke Swart
  1 - Roal Krüger

TRUI OORHANDIGING VOOR WEDTRYD:
  • Righardt Pretorius. 0A 2023. WB 2023

SPELERS
  • Geluk aan Petrus Rautenbach wat 2 keer opkom as reserwe in 2024 en vir die eerste keer in die beginspan op die veld draf teen PG.
  • Geluk aan Joshua Gouws en Estian Marx wat vir die eerste keer die Wittrui oor die kop trek en is ook in die beginspan teen PG. Joshua is die seun van Jacques Gouws wat in 1999 vir die Wit Bulle gespeel het. Estian is die seun van Eugene Marx wat in 1994,95 en 96 vir die Wit Bulle gespeel het.​
  • Nicolaas Grobler en Divan Fourie is beseer en sal weer oorweeg kan word vir die wedstryd teen Garsfontein.
  • Zirk Meyer is na sy operasie besig met sy rehabilitasie program

RESERWES GEBRUIK
 Die wedstryd verloop met geen reserwes wat gebruik word nie.


WEDSTRYD
Die wedstryd is een van die hoogtepunte van die reeks wat bekend staan as die King Price Derby reeks.

Dit was weer net soos teen Paarl Boys naels kou tot die einde!!...en was dit nie 'n dramatiese einde!!!


Ongelukkig was dit 'n nat veld en het dit van tyd tot tyd gereen. Albei spanne het by die omstandighede aangepas en met halftyd is die Wit Bulle 9 - 6 voor met net strafskoppe wat die telbord laat praat.

​PG druk 'n drie  vroeg in die 2e halfte en met die vervyfskop wat oor is plus nog 'n strafskop is PG 9 - 16 voor. Met albei spanne wat spreekwoordelik alles gee is die telling met net 'n paar minute oor nog dieselfde.


Met speeltyd so te se verby boer die Wit Bulle op PG se doellyn. Na 'n strafskop en die voorspelers wat dryf druk Stefan McDonald 'n drie vir die Bulle. Net die vervyfskop bly oor wat sal bepaal of PG wen en of die wedstryd gelykop sal eindig. Ruben Groenewald skop die bal oor en die telling sal in die Geskiedenis onthou word as 16 elk!!!

Wel gedaan Bulle!! Die kersie op die koek is dat Affies op die dag 15 wedstryde wen, 5 verloor en die laaste een gelykop is!
.
Vir hoogtepunte van die wedstryd en die ander Derbies wat gespeel is teken aan op die skakel://youtu.be/pVO1rhN_S1o?si=nKCigyaEADv3f25Z


 PUNTE:
​

AHS 16(9)
​
Driee: Stefan McDonald 
Skoppe:1 x Doelskop, 3 x Strafskoppe


​PG: 16(6)

Wit Bulle seisoen.

​

    Argiewe

    August 2025
    July 2025
    June 2025
    May 2025
    April 2025
    March 2025
    February 2025
    January 2025
    July 2024
    June 2024
    May 2024
    April 2024
    March 2024
    January 2024
    August 2023
    July 2023
    May 2023
    April 2023
    March 2023
    August 2022
    July 2022
    June 2022
    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    December 2021
    September 2021
    August 2021
    May 2021
    April 2021
    July 2020
    March 2020
    February 2020
    December 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    August 2018
    July 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    December 2016
    November 2016
    August 2016
    July 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    September 2015
    August 2015

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly