Sedert 2017 speel die twee skole teen mekaar op 'n tuis en weg basis. Dit sluit ook ander sportsoorte in.
In 2025 is daar 537 leerders en afrgters wat aan die Interskole deelneem in die Paarl met die HOOFDIS die wedstryde tussen die twee skole se 1e rugbyspanne.
Sedert 2017 is dit die 7e jaar wat die Interskole plaasvind met die uitsondering van die twee Covid 19 jare.
Sedert 1967 is dit die 23ste keer wat die twee skole se 1e rugbyspanne teen mekaar speel met die skaal wat hoog gelaai is in die guns van PG met 13 wedstryde gewen, Wit Bulle 7 en 3 gelykop.
Vir die tellings van wedstryde gespeel sedert 1967 kyk hier.
WIT BULLE vs PAARL GIMNASIUM 1e SPAN
15 - Lamond Baaitjies
14 - Joshua Gouws
13 - Estian Marx
12 - Petrus Rautenbach
11 - Rikus Strydom
10 - Ruben Groenewald (K)
9 - Fourie Roberts
8 - Stefan McDonald
7 - Albert Smit
6 - Luan Potgieter
5 - Elwin Janse van Vuuren
4 - Christiaan de Wet
3 - Deon Botes
2 - Bauke Swart
1 - Roal Krüger
TRUI OORHANDIGING VOOR WEDTRYD:
- Righardt Pretorius. 0A 2023. WB 2023
SPELERS
- Geluk aan Petrus Rautenbach wat 2 keer opkom as reserwe in 2024 en vir die eerste keer in die beginspan op die veld draf teen PG.
- Estian Marx trek vir die eerste keer die Wittrui oor die kop en is dan ook in die beginspan teen PG. Estian is die seun van Eugene Marx wat in 1994,95 en 96 vir die Wit Bulle gespeel het.
- Nicolaas Grobler en Divan Fourie is beseer en sal weer oorweeg kan word vir die wedstryd teen Garsfontein.
- Zirk Meyer is na sy operasie besig met sy rehabilitasie program
RESERWES GEBRUIK
Die wedstryd verloop met geen reserwes wat gebruik word nie.
WEDSTRYD
Die wedstryd is een van die hoogtepunte van die reeks wat bekend staan as die King Price Derby reeks.
Dit was weer net soos teen Paarl Boys naels kou tot die einde!!...en was dit nie 'n dramatiese einde!!!
Ongelukkig was dit 'n nat veld en het dit van tyd tot tyd gereen. Albei spanne het by die omstandighede aangepas en met halftyd is die Wit Bulle 9 - 6 voor met net strafskoppe wat die telbord laat praat.
PG druk 'n drie vroeg in die 2e halfte en met die vervyfskop wat oor is plus nog 'n strafskop is PG 9 - 16 voor. Met albei spanne wat spreekwoordelik alles gee is die telling met net 'n paar minute oor nog dieselfde.
Met speeltyd so te se verby boer die Wit Bulle op PG se doellyn. Na 'n strafskop en die voorspelers wat dryf druk Stefan McDonald 'n drie vir die Bulle. Net die vervyfskop bly oor wat sal bepaal of PG wen en of die wedstryd gelykop sal eindig. Ruben Groenewald skop die bal oor en die telling sal in die Geskiedenis onthou word as 16 elk!!!
Wel gedaan Bulle!! Die kersie op die koek is dat Affies op die dag 15 wedstryde wen, 5 verloor en die laaste een gelykop is!
.
Vir hoogtepunte van die wedstryd en die ander Derbies wat gespeel is teken aan op die skakel://youtu.be/pVO1rhN_S1o?si=nKCigyaEADv3f25Z
PUNTE:
AHS 16(9)
Driee: Stefan McDonald
Skoppe:1 x Doelskop, 3 x Strafskoppe
PG: 16(6)
Wit Bulle seisoen.