Dit sal die eerste keer wees dat die twee skole se eerste spanne teen mekaar speel.
In die laaste 10 – 15 jaar het heelwat wedstryde plaasgevind tussen ander spanne van die twee skole op toernooie in die April Skoolvakansies.
Noordheuwel is volgens die Internet een van die grootste Afrikaanssprekende skole in SA met ongeveer 2500 leerders!
'n Paar reëls wat die toernooi aan betref:
- 30 Minute aan 'n kant geen ekstra tyd vir beserings.
- 5 Minute halftyd
- "Rolling subs"
- Al 23 spelers in die groep moet minstens 60 minute rugby speel in die twee wedstryde saam.
WIT BULLE vs NOORDHEUWEL 1e SPAN
15 - Lamond Baaitjies
14 - Joshua Gouws
13 - Estian Marx
12 - Petrus Rautenbach
11 - Rikus Strydom
10 - Ruben Groenewald (K)
9 - Fourie Roberts
8 - Stefan McDonald
7 - Albert Smit
6 - Luan Potgieter
5 - Elwin Janse van Vuuren
4 - Christiaan de Wet
3 - Deon Botes
2 - Bauke Swart
1 - Roal Krüger
TRUI OORHANDIGING VOOR WEDTRYD:
- Afrigters van die Witbulle
SPELERS
- Dieselfde 15 tal draf op die veld as teen Paarl Gim. MJ de Jager van die Groen Tiere wat al 5 keer vir die Wit Bulle opgekom het as reserwe se vinger is gebreek. Word in die week wat kom geoppereer en sal uit wees vir die res van die seisoen. Markus Kruger neem sy plek in op die reserwe bank.
- Nicolaas Grobler en Divan Fourie sal heelwaarskynlik oorweeg kan word vir die wedstryd teen Garsfontein.
- Zirk Meyer is nog besig met sy rehabilitasie program
- Albert Smit het sy knie beseer teen Noordheuwel en 'n besoek aan 'n spesialis in die week wat kom sal meer duidelikheid gee oor die aard van sy besering.
RESERWES GEBRUIK
- 6 Reserwes is gebruik. Al 6 het in een of meer van die vorige 5 wedstryde opgekom as reserwe.
WEDSTRYD
Soos verwag was dit 'n lekker taai wedstryd teen Noordheuwel gewees. NH is sommer vroeg in die 1e helfte voor na 'n strafskop. Na 'n drie deur Fourie Roberts loop die Wit Bulle voor. 'n Posisie wat hulle nie prys gee tot die eindfluitjie blaas en die Wit Bulle van die veld stap as die wenners telling AHS 45 Noordheuewel 27
AHS : 45(26)
PUNTE:
- Driee - 2 Elk vir Stefan McDonald, Fourie Roberts en Joshua Gouws
- Skoppe - 5 x Doelskoppe Ruan Groenewald
NOORDHEUWEL: 27(15)
Wit Bulle seisoen.