|
Truie oorhandiging:
Dr. Pierre Edwards (OA 1970) 1ste rugbyspan - 1970 Noord-Transvaal Curriebeker - 1977 tot 1984 SA Universiteite - 1979 Springbok - 1980 Dr. Edwards is 'n lewende legende van Affies - 'n oud-Affie (1970), onderwyser (vanaf 1979) en later hoof van die skool (1992 tot 2018). Sy bydrae tot die sukses en volhoubaarheid van die skool is van onskatbare waarde. Daar is net een Dok Edwards. Dit was Saterdag die 24ste keer dat die twee skole se 1ste spanne teen mekaar gespeel sedert 1967. Van die 24 wedstryde tot op datum was Affies 7 keer aan die wenkant en 3 wedstryde eindig gelykop. Vir die historiese uitslae, volg hierdie skakels -Skole teen gespeel & Paarl Gimnasium. Eindtelling: Affies 24 – 51 Paarl Gimnasium Puntemakers Drieë: Dandré Brink; Fourie Robberts; Estian Marx x2 Doelskoppe: Reuben Venter x2 Geluk aan Keegan Fourie wat vir die eerste keer in ‘n wedstryd vir die 1ste span op die veld verskyn het. Opsomming van al die rugbywedstryde se uitslae tydens die interskole - Wedstryde gespeel: 24 Gewen: 16 (66.7%) Gelykop: 1 (4.2%) Verloor: 7 (29.1%) Opgedateerde inligting 1ste span seisoen tot op datm Uitslae van ander wedstryde op die dag 2026 wedstrydprogram Volgende wedstryd: vs HS Garsfontein (weg) - 18 April 2026 Comments are closed.
|