|
Dit was Saterdag die 30ste keer dat die twee skole se 1ste spanne teen mekaar gespeel het sedert die eerste wedstryd 30 jaar gelede op Goldstones. Affies wen 26 en verloor 4 van die 30 wedstryde. Vir die historiese uitslae, volg hierdie skakels - Skole teen gespeel & Maritzburg College.
Truie oorhandiging Zirk Meyer (OA 2025)
Eindtelling: Affies 40 – 12 Maritzburg College Puntemakers Drieë: Francois de Beer, Charl Els (x2), Reuben Venter, Martin van Niekerk, Juan Ferreira Doelskoppe: Reuben Smith x5 Na-afloop van Saterdag se wedstryd het hierdie jaar se 1ste span reeds die volgende posisies ingeneem op die algemene punte statistiek ranglyste: - 552 punte aangeteken in 'n seisoen (20ste) - 88 drieë gedruk in 'n seisoen (15de) Opsomming van al die rugbywedstryde se uitslae tydens die interskole - Wedstryde gespeel: 26 Gewen: 26 (100%) Maritzburg College en Affies se rugbygeskiedenis & statistiek Soos na verwys word op die tuisblad, het die bymekaarmaak van Affies se rugbygeskiedenis en statistiek sy oorsprong gehad by die boek "Jimeloyo-Ji !! A History of the Maritzburg College First XV". Die boek gee 'n eenvoudige uiteensetting van elke seisoen asook uitslae van College se 1ste span, punte-statistiek, asook 'n lys van 1ste span-, senior provinsiale- en internasionale rugbyspelers. Mag hierdie interskole nog lank bly voortbestaan en opgeteken word in beide skole se geskiedenisboeke. Opgedateerde inligting 1ste span seisoen tot op datum Uitslae van ander wedstryde die seisoen 2026 wedstrydprogram Volgende wedstryd: vs HS Noordheuwel, 1 Augustus 2026 (tuis) Comments are closed.
|