Vir 2015 statistiek tot op datum kyk hier.
Opgedateer met wedstryd statistiek van vanmiddag.
AGTERGOND:
Maritzburg College is een van die oudste skole in Suid Afrika en bestaan sedert 1863. Het ongeveer 800 leerders waarvan 375 in koshuise gevestig word.
Bekende sportpersoonlikhede wat op MC was:
Rugby: Keith Oxlee, Joel Stransky, Butch James en Peter Grant. Almal Springbok losskakels en Jesse Kriel.
Krieket: Kevin Petersen (Engelse krieketspeler) en Jonty Rhodes.
1. Cabous Eloff
2. Schalk Erasmus
3. Niell Bezuidenhout
4. Ruben van Heerden
5. Henk Pretorius
6. Regardt du Plessis
7. Phillip Krause
8. Eduan Lubbe
9. Divan Henning
10. Ruan De Swardt
11. Christian Strydom
12. Louritz van der Schyff
13. Eddie Fouche (Kaptein)
14. Carel Koch
15. Pieter Coetzer
WEDSTRYD
Ek bly weg van kritiek of om spelers uit te sonder. Vandag is een van die uitsonderings.
Baie geluk aan Christian Strydom wat 4 driee gedruk het wat sy naam voeg by die lys van spelers wat 4 of meer driee in 'n wedstryd gedruk het vir die Witbulle. Die lys van top drie drukkers in 'n wedstryd verskyn hier.
Al was die punte verskil groot vlei die telling MC. Dit kon heelwat meer gewees het.
Vir die tellings van die afgelope 21 jaar klik hier.
Vandag het die matrieks van 2015 hulle laaste wedstryd op Affies se velde gespeel. Ek glo dat die herinneringe aan Affies rugby van die hoogtepunte in hulle lewe sal bly of dit nou op die A, B of C veld was!!
PLAASVERVANGERS:
Vic Meyer (Philip Krause), Janu Espag (Cabous Eloff), Lombard Grobler (?????)
PUNTEMAKERS:
AFFIES: 50 (26)
Driee: Christian Strydom - 4x, Louritz vd Schyff - 2x, Pieter Coetzer - 1x, Cabous Eloff - 1x..
Skoppe: Eddie Fouche - 5 x Vervyfskoppe
MC: 19 (19)
ANDER TELLINGS OP DIE A - VELD:
0/14A Wen 20 - 3
0/15A Wen 33 - 0
0/16A Wen 43 - 5
4e Wen 17 - 5
3e Wen 17 - 3
2e Wen 10 - 5