Vir die opsomming van die jaar tot op datum se statistiek kyk hier.
AGTERGROND:
King Edward VII School is die tweede Publieke(Staats) seunsskool in die ou Tranvaal. KES het sy ontstaan in 1902 toe dit bekend gestaan het as Johannesburg High School for Boys. Die skool het begin met 6 seuns en 5 onderwysers insluitend die Hoof.
Die volgende bekende sportmanne was op KES naamlik Gary Player, Ali Bacher, Hugh Bladen, Graham Smith en die twee Springbok rugbyspelers Joe van Niekerk en Brian Habana.
Affies en KES speel vir die eerste keer teen mekaar in 1997. In ‘n spannende wedstryd en die telling 13 elk met net ‘n paar minute se speeltyd oor druk Affies ‘n drie wat verdoel word en wen, 20 – 13.
Dit sal die 7e keer wees wat die twee skole teen mekaar speel en ononderbroke sedert 2012.
Vir die tellings sedert 1997 kyk hier.
SPAN:
My nuutste inligting is dat die span is as volg met die volgende spelers wat nie oorweeg is nie agv beserings: Ruben v Heerden, Phillip Krause en Eddie Fouche. Dit sal Willie vd Westhuizen se eerste wedstryd wees vir die Witbulle.
1. Cabous Eloff
2. Schalk Erasmus
3. Niell Bezuidenhout
4. Willie vd Westhuizen
5. Henk Pretorius
6. Regardt Du Plessis
7. Eduan Lubbe (kapt)
8. Lombard Grobler
9. Divan Henning
10. Ruan de Swart
11. Christian Strydom
12. Louritz van der Schyff
13. Henco Jordaan
14. Carel Koch
15. Pieter Coetzer
Geluk aan Willie vd Westhuizen wat die wittrui vandag vir die eerste keer oor die kop getrek het. Willie se storie is as volg:
2011 - o/14D
2012 - o/15C
2013 - o/16C
2014 - 3e
2015 - 2e/1e
WEDSTRYD:
Na 5 minute in die eerste helfte het dit gelyk of dit 'n taai een gaan wees maar daarna was dit eenrigting verkeer en 13 driee verder wen Affies die wedstryd 92 - 0.
In so 'n wedstryd sonder mens nie nie eintlik iemand uit nie want almal het uiteraard goed gespeel. Ruan de Swart het met 27 punte die grootste bydrae gelewer tot die Affie punte totaal en was met 13 van 14 skoppe na die pale suksesvol.
Daar was heelwat beserings. Ruan , Louritz en 'n speler van KES het in die 2e helfte teen mekaar vasgehardloop en al drie het bly le. Die wedstryd is gestop om na hulle om te sien. Louritz is met 'n "shiner" en 'n sny onder die oog van die veld af. Gelukkig was Kellies byderhand en is daar geen teken van harsingskudding by Louritz nie.
Vir die hoogste tellings deur 'n Affie 1e span in 'n wedstryd, meeste punte deur 'n speler in 'n wedstryd en die meeste driee gedruk deur 'n span in 'n wedstryd kyk hier.
Met Eduan Lubbe wat vervang word is Viaan Mong kaptein van die 1e span vir ongeveer 5-10 minute!!!
RESERWES:
Andre Maree( Louritz vd Schyff), Viaan Mong (Schalk Erasmus), Jack Hart (Divan Henning), Jano Espag ( Niell Bezuidenhout), Jaun Basson (Eduan Lubbe)
PUNTEMAKERS:
AFFIES: 92 (52)
Driee: Christian Strydom - 3x, Eduan Lubbe - 1x, Carel Koch -1x, Henco Jordaan - 1x, Louritz vd Schyff - 1x, Cabous Eloff - 2x, Pieter Coetzer - 1x, Divan Henning - 1x, Schalk Erasmus - 1x en Jaun Basson - 1x.
Skoppe: Ruan de Swart - 12 x vervyfskoppe, 1 x strafskop.
KES: 0 (0)
***********************************************************************************************
ANDER TELLINGS:
0/14A - Wen 38/0
o/15A - Wen 34/3
o/16A - Wen 31/11
4e - Wen 31/0
2e - Wen 24/10
***********************************************************************************************