|
Truie oorhandiging:
Mnr Sakkie van der Walt 1ste span afrigter vir 'n rekord 17 jaar (371 wedstryde) 1992 - 1993 1995 - 2004 2010 - 2014
Mnr van der Walt se bydrae tot Affie-rugby se sukses oor die jare is ongeëwenaar. Dit was Saterdag die 19de keer dat die twee skole se 1ste spanne teen mekaar gespeel het sedert 1996. Affies was nog elke keer aan die wenkant. Vir die historiese uitslae, volg hierdie skakels - Skole teen gespeel & Jeppe High School for Boys. Eindtelling: Affies 78 – 10 Jeppe High School for Boys Puntemakers Drieë: Dandré Brink, Fourie Robberts x2, Strafdrie, Reuben Smith, Joshua Gouws x2, Charl Els x2, Francois de Beer, Reuben Venter, Dehan Botha Doelskoppe: Reuben Smith x8 Geluk aan die volgende spelers wat vir die eerste keer in die wittrui op die veld verskyn: Ruhan Kruger & Stephen Archibald Opsomming van al die rugbywedstryde se uitslae tydens die interskole - Wedstryde gespeel: 22 Gewen: 22 (100%) Opgedateerde inligting 1ste span seisoen tot op datum Uitslae van ander wedstryde op die dag asook gedurende die week soos ontvang 2026 wedstrydprogram Spanrekords opgedateer (wedstryd) 12 drieë gedruk - gesamentlik 11de 78 punte aangeteken - gesamentlik 11de Volgende wedstryd: vs Grey Kollege (tuis) - 16 Mei 2026 Comments are closed.
|