|
Saterdag was slegs die 2de keer op rekord dat Affies se 1ste span teen HS Noordheuwel gespeel het. Affies wen beide hierdie wedstryde.
Truie oorhandinging: Johan Roets (OA 1996)
Eindtelling: Affies 66 – 26 HS Noordheuwel Puntemakers Drieë: Estian Marx, Janno Geyser, Reubenne Vlok, Francois de Beer, Charl Els, Reuben Venter (x2), Janco van der Walt, Joshua Gouws (x2) Doelskoppe: Reuben Smith x8 Opsomming van al die rugbywedstryde se uitslae tydens die interskole - Wedstryde gespeel: 13 Gewen: 13 (100%) Baie dankie ook aan Northcliff HS wat met 13 spanne na Pretoria gereis het om teen Affies te kom speel. Geluk aan Janco van der Walt en Kale Pienaar wat Saterdag vir die eerste keer vir Affies se 1ste span op die veld verskyn het. Janco se pa Jakkie het in 1993 tot 1995 vir Affies se 1ste span gespeel en hulle word dan so ook die 31ste Pa en Seun(s) wat vir Affies se 1ste span speel. Na-afloop van die wedstryd is ook verneem dat Martin Van Niekerk en Charl Els opgeneem is in die SA o/18 "A" span vir die opkomende jaarlikse internasionale o/18 reeks. Baie geluk met julle insluiting en baie sterkte. Algemene punte statistiek ranglyste opgedateer na 15 wedstryde: - 618 punte aangeteken in 'n seisoen (14de) - 98 drieë gedruk in 'n seisoen (12de) - 16 drieë gedruk in 'n seisoen deur 'n speler - Joshua Gouws (13de) - 27 drieë gedruk in die wittrui deur 'n speler - Joshua Gouws (11de) Opgedateerde inligting 1ste span seisoen tot op datum Uitslae van ander wedstryde die seisoen 2026 wedstrydprogram Laaste wedstryd van die seisoen: vs Pretoria Boys High School, 8 Augustus 2026 (weg) Comments are closed.
|